Waarom temafoto's pret is - en jou help met jou fotografie...

Hallo Almal,

Dit was heerlike langnaweek. En daar staan ek op die plaas waar ek al soveel jare foto's neem, en ek wonder: "Wat kan mens nou eintlik vanmiddag afneem?" Daar is nie 'n wolkie in die lug nie. Om die waarheid te praat, dis nie foto-vriendelik nie. Toe onthou ek dat ons mos met die tema "Stadige Sluiter" besig is. En dit gee my die idee om sommer by die driffie te gaan speel. Onthou, omdat ek beoordeel mag ek nie deelneem nie, maar die tema was genoeg om my 'n idee te gee - en 'n idee is altyd rede vir 'n ekspidisie... Nou hier is die groot prentjie waarmee ek toe begin. Die plaas, met die driffie doer onder:

Nou al die volgende foto's sou ek nooit geneem het, as dit nie was vir die tema "Stadige Sluiter" nie. In die eerste plek besluit 'n paar gesinslede toe ook sommer om saam te stap vir die ekspidisie... Een van hulle my suster. Met my suster in die omgewing moet mens altyd jou kamera reghou. Want by die hek gekom (julle sien die hek op die foto bo, net regs van die trekker), besluit my suster uit die bloute om te demonstreer hoe sy in haar jonger dae die hek benader het. Dankie tog my kamera is saam. Hierdie foto is legendaries (my dogtertjie kyk verdwaas toe):

Nou dit is nie 'n kameraklub foto nie, maar genugtig dis inspirerend - ek sal dit nie waag nie... :-)

Tot op hierdie stadium was ek redelik lui vir die driepoot wat ek moes saamdra. Maar mens kan mos nou nie "Stadige Sluiter" foto's gaan neem sonder 'n driepoot nie. By die driffie was ek egter sommer baie dankbaar. En toe begin die fotografiese geskrop. In elke landskap is daar letterlik derduisende posisies, hoeke, afstande ensovoorts om van te kies. Aanvanklik het die water my amuseer. Met die kamera op S vir Shutter priority (Tv op die Canon), begin ek toe met so 'n hele paar sekondes  die water afneem. Omdat dit nog bietjie lig was het die die Aperture sommer ook na F22 gedraai (om te toets watter spoed die kamera aanbeveel in Aperture Priority). En net daar neem ek toe die volgende foto teen 3.2" (die " staan vir sekondes).

Maar dit voel tog of die foto iets kort. Ja, daar is nou water, en ja dit beweeg, maar wat gebeur as mens bietjie uitzoem?

Nou, teen hierdie tyd was dit al heel donker en het ek nie die kleure verwag wat op die water verskyn nie. Ongelukkig was die lig agter die boom redelik helder, en het dit bietjie uitgewas. Ten spyte daarvan het ek gehou van die kleur voor, en weer bietjie van posisie verander...Nou was die boom weer regs in my prentjie...

Nou ja, weer eens - mens kan dalk kla oor die uitgewaste lig agter die boom, maar ek het soveel pret gehad om die foto's te neem, dat die hele familie teen hierdie tyd al oppad was huis-toe. Iemand het van ver af geskreeu dat ek ook na die maan moes kyk. Dit was al te donker vir 'n mooi foto, maar omdat ek Robbie se mooi foto van die maan op fotoskool onthou het, het ek in elk geval besluit om darem net so 'n "record-shot" te neem - om darem te getuig ek was daar:

Nou onthou, ek sou waarskynlik nie een van hierdie foto's geneem het as ek nie aan die tema gedink het nie. Die tema was juis die rede waarom ek die driepoot saamgedra het. En ja, mens kan dalk op Photoshop selfs bietjie van die uitgewaste lug met 'n gradient wegvat. Julle weet mos die Oos Vrystaat het sulke pragtige blou lug (soos Johan Smit dit altyd skilder) Amper so iets:

Lesse geleer:

1) As mens 'n idee het, sal daar altyd foto-geleenthede wees.

2) Hou jou kamera gereed vir snaakse-suster-oomblikke!

3) Elke landskap het baie potensiaal - elke hoek gee 'n ander foto.

4) Al is dit 'n verpesting - DRA JOU DRIEPOOT SAAM!!

5) Vat muskietverjaag-goeters ook saam - dis ook deel van die storie.

6) Moenie dink die kleur het verdwyn as die son nie meer skyn nie.

7) Speel met jou kamera se verstellings.

8) Geniet jou fotografie - speel saam met temas - dit gaan nie oor wen of verloor nie, dit gaan oor PRET!

9) Loer na ander mense se foto's op fotoskool - dis 'n bron van idees!

10) Moenie ophou om jou fotografie te geniet nie!!!

Lekker week!

Groete

Igno

 

 

 

Views: 272

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annatjie on April 5, 2011 at 4:35pm
Baie nuttige inligting, dankie Igno!  Wil jy nie asb meer vertel oor hoe om met gradient te werk en hoe mens dit in Gimp sal doen (soos op jou foto hierbo byvoorbeeld of ander moontlikhede)?
Comment by Robbie on March 23, 2011 at 9:33pm
Hello Igno. Haha, ja, mag nie lieg nie, Riaan het so iets in my oor gefluit.. Geluk met die aankopery. My gunstelling lens is die 24-70.. fantastiese stukkie glas... en ja, uitstekend vir troues.. met die en 'n 70-200mm F2.8 het mens niks anders nodig nie.. Gaan goed dankie, hoop ook so daar op julle kant. Groete, Robbie
Comment by Igno van Niekerk on March 23, 2011 at 9:20pm
Hallo Robbie. Nee man, eintlik is dit ek wat skerper geword het... ek raai jy het met Riaan gesels oor my lens aankopery :-) - Ja, ek het die Canon 24-70mm  F2.8 lens gebruik, toets nog, maar ek dink dit gaan 'n wenner wees met troufoto's. Hoop dit gaan sommer nog voor die wind aan jou kant. Groete, Igno
Comment by Robbie on March 23, 2011 at 3:26pm

Igno,

 

Ek het nou 'n paar keer teruggekom nat hierdie blog toe. Jou fotos lyk vir my baie skerper as jou vorige fotos. Ek neem aan dat jy of 'n nuwe lens het wat jy geheim van ons hou of anders het jy 'n nuwe manier gekry om die fotos kleiner te maak maar om die skerpheid te behou. Dalk wil jy so bietjie met ons deel?

Comment by Antoinette on March 23, 2011 at 9:33am
Vir my wat nie veel van fotografie en "stadige sluiterspoed" weet nie was dit nou baie leersaam. Ek verstaan nou ook ietsie meer. Ek hou van die "foto" - met die "wat het gebeur" daarby, dis nou wat ek noem praktiese opleiding. Dankie daarvoor ... ek het dit geniet.
Comment by Susan on March 21, 2011 at 9:02pm
Hi Igno, sien daar en jy kry 'n pragtige foto. Dit is iets besonders.
Comment by Igno van Niekerk on March 21, 2011 at 8:38pm

Hallo Robbie -

Ek moet noem dat as sy dit nie gemaak het nie sou dit dalk nog 'n beter foto gewees het :-)) - ek het ook die naweek by die kongres jou sandsak en flitskaartjie bemark - hoop ook daar kom iets van, maar ek gaan dit in ieder geval op fotoskool ook adverteer. Sal so vlge week as alles rustig is al daardie dinge uitsorteer en met jou gesels! Sterkte vir die week vorentoe - hy's amper verby! Groete, Igno

Comment by Robbie on March 21, 2011 at 8:29pm
Hi Igno.. dit was nou heel interessant! Dankie dat jy dit met ons gedeel het.. Ek glo ook dat jou suster die ster van die artikel is.. om so hek te klim kan nogal 'n uitdaging wees.. lol..
Comment by Karin Olivier on March 21, 2011 at 8:18pm

Dit is n baie nice artikel. Ek is nuut hier en jy praat van die tema. Waar sien ek wat die tema is?

Comment by Rudolph Müller on March 21, 2011 at 7:34pm
Dankie Igno!  Dit was nou sommer insoirerend!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html