Ek sit so en dink wat beteken fotoskool vir my? Wat is dit wat my so aan die gang hou hier? hoekom is dit die eerste en laaste plek wat ek besoek as ek voor my rekenaar gaan sit?

Die oplaai van foto's die kommentaar en die raad wat ontvang word om die foto's te verbeter, ja dit is in die eerste plek hoekom fotoskool daar is. Ek is seker daar is ander webwerwe wat dieselfde aanbied, so daar moet iets anders wees, wat my terugbring na fotoskool toe.

Die MENSE dit is wat fotoskool foto so uiters besonders maak. Toe gaan kyk ek bietjie op my foto's en sien dat daar regtig moeite gedoen word om raad op foto's te gee, en as die raad gevolg word is daar 'n merkbare verbetering in die gehalte van die foto's. Daar word baie moeite gedoen deur Hennie om elke foto te kyk en be-oordeel en dan die nodige raad te voorsien om die foto te verbeter. So ook van die ander lede wat regtig baie tyd afstaan aan die foto's, met sny 'n bietjie hier horison is skeef en al die kleindingetjies wat krap aan foto.

En dan is daar nog die mainroom, alias die raaskamer, - wat 'n belewenis is dit nie daar nie. Daar is Piet my ou raasmaat van vroeg oggend tot laat aand. Die twee juffrouens Anita en Gerrie wat ons in toom hou as ons effens uitrafel, en bietjie verkeerd spel, Annelize met haar jeugdige opmerkings en sê goed wat ons "ouer garde" jonk laat voel, Renette en Elizma wat raad gee. Chris en sy kokerbome en dan natuurlik die Nikon. Die ander lede wat daar inskakel en vinnig 'n woord of twee wissel. As ek my gedagtes so laat teruggaan dan het dit begin met 'n " goeie naand aan almal aanlyn" en so het Donald toe ge-antwoord en stadig maar seker het dit gegroei. Daar word gespot met mekaar, raad gegee persoonlike advies gegee ag sommer alles en nog wat. Ons gesels soos ou vriende al het ons mekaar nog nie persoonlik ontmoet nie, maar die lief en leed word gedeel, as een weg is wil die ander weet hoekom,  waar en wanneer. Ek weet ek het baie uitgelaat maar dit is net 'n paar vinnige gedagtes wat ek hier wissel, daar is Pierre, Dawid Renette en Magda ook, die wat nie genoem is nie blameer dit maar op ouderdom.Dit in kort my vriende is wat fotoskool vir my beteken - dit gaan om die MENSE daar. Die mense wat fotoskool maak.

Groete tot ons mekaar weer raak raas

Pieter

Views: 142

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Pieter Steyn on September 2, 2013 at 7:29pm

Baie dankie Piet dit is soos jy sê, en ek kan jou verseker die gevoel van my kant af is dieselfde. ons ht lekker en ware vriende hier ontdek en die geraas is net lekker - dit is alles te danke aan fotoskool wat vir ons die platform geskep het om mekaar so te leer ken.

Comment by Piet Nel on September 2, 2013 at 5:17pm

My ou vriend ek hoop om jou net eendag in lewende lywe te kan sien en net vir jou vertel hoe spesiaal jy vir my is. Jy is iemand wat ek op fotoskool geleer ken het waarvoor ek baie respek het en eindelik ʼn soort broederliefde ontwikkel het. Elke oggend se raas op main room raad wat jy gee as ʼn foto so vroeg geplaas is en nie reg lyk nie ek waardeer dit. Die ander vriende wat ek deur jou ontdek het en dieselfde liefde ontwikkel het as vir jou. Annelize, Gerrie Anita, Renette ag almal my vriende Chris my ou groot maat ook hier ontmoet. Dankie fotoskool vir die groot voorreg wat julle my gegee het. Die beste wat ek nog by enige iemand gekry het is die opregte vriende.

Comment by Pieter Steyn on August 31, 2013 at 6:53am

Baie dankie vir die moeite wat gedoen was om hier te lees en die terugvoering word waardeer.

Comment by Gerrie Lambrechts on August 27, 2013 at 5:43pm

Dankie ou Pieter ons raas maat.  Jy het nou met ons sulke gefleulde woorde gedeel.  Dit is werklik ’n voorreg om skolier van FotoSkool te wees met al die lekker skoolmaats. Ek het al geweldig baie hier geleer, en is dankbaar vir julle vriendelike kommentare. Eendag gaan ons re-unie hou, sal moet oorproppies saam neem. Ek geniet julle almal.  Dankie!!!

Comment by Magda Huisamen on August 26, 2013 at 1:48pm

Jy het die spyker op die kop geslaan!! Dis so waar! Ek het ook al so baie geleer en dis so lekker om met mense te gesels wat dieselfde passie as ek deel! Hou so aan, fotoskolers!

Comment by Kobus van Aarde on August 26, 2013 at 9:02am

Woorde uit die hart......ware feite deurgegee..... n voorreg om deel te wees van fotoskool......n skool waar daar geleer word aan iets waarvan (ek glo) almal n passie voor het, en elke stukkie raad wat gegee word ter hart neem en beproef. Dankie !!

Comment by Pierre Hardinge on August 26, 2013 at 8:19am

Goed gestel Pieter waar woorde

Comment by Doretha Kock on August 26, 2013 at 7:22am

Ware woorde Pieter.  Fotoskolers is aangename, slim, humoristiese mense en nie suinig om raad te gee nie.  Ek geniet elke oomblik hier en leer so baie van almal.

Comment by Dine Potgieter on August 25, 2013 at 11:53pm

Dit is waar! Soms laat my rekenaar my net in die steek - ek wil saammiaau, dan raak dit weg in die 4de dimensie. Nietemin baie lekker, en ek leer baie.

Comment by Annelize Barnard on August 25, 2013 at 8:37pm

Pieter dit wat jy hier se kan geeneen beter gestel het nie. Ek love fotoskool

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html