Onlangs het ek 200 opeenvolgende foto's geanaliseer en geklassifiseer volgens die onderwerp van die fotografie. Hier is die resultate:

Landskappe                           55

Wildlewe, insl voëls                46

Objekte                                23

Plante                                  19

Mense                                  12

Geboue                                 9

Sonop/sononder                     8

Huishoudelike diere                8

Insekte                                 6

Storie-vertel foto's                 6

Stillewe                                 3

Abstrak en kuns                     3

Aksie                                     1

Spesiale toneel                       1

Ek het dit baie interessant gevind - ek hoop julle ook!

Hennie

Views: 243

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Antheny Esterhuizen on November 7, 2014 at 11:41am
Baie interesante statistics.
Comment by Pierre Hardinge on October 30, 2014 at 6:44am

Dine ek kan nie wag om die eerste resultaat van daardie geringgeskattegroentesoort in S&W te sien nie......hummmmm en maak net seker dat die "Map" gelamineer is anders vlek dit....jy weet mos....

Comment by Dine Potgieter on October 28, 2014 at 10:17pm

Pierre - moenie beetfotografie geringskat nie - ek gaan dit nog op die "map" sit...

Comment by Pierre Hardinge on October 28, 2014 at 6:34pm

Ek het nou so lekker gelees en wil sommer vir Hennie dankie se vir die inligting wat hy aan ons weergegee het......

........hummmmm na aanleiding van die BEETVRETER se "Uitdaging" sal ek ook graag my menig en gevoel wil plaas....nie dat julle my gaan en kan keer nie....lol.....

Vir my is Fotografie loshande my gunsetelling....hoekom se ek Fotografie?.....want ek kan nie een genre uitsonder bo die res nie......ek dink as die wind lank genoeg gaan stil le dan sal ek die ook afneem ....lol....

In fotografie gaan dit vir my oor die spel van lig....alles wat ons sien en afneem is te danke aan lig wat weerkaats van die son....eintlik n logies redanasie, maar ons dink nie dadelik daaraan nie. Was dit nie vir die lig en weerkaatsing daarvan nie sou dit maar bra eentonig gewees het.

Wat my baie vasvang is die skadus en hoe lig op n spesifieke voorwerp val om karakter diepte en vorm aan iets te verleen....en in alle genres van fotografie is dit die grootste enkele foktor. LIG

Soms die oorvloed daarvan en soms die tekort daaraan en aan beide kante van die spectrum is dit vir my so fantasties om die kleur wat lig voortbring ongeag watter genre, te kan vasvang in beperkte ewigheid. As jy na n laaaaaang dag van fotos neem by die huiskom en vir dae aaneen daarna voor die "Bigscreen" sit en sien hoe die kleure en lig weer lewe kry......

Dis Awesome!!!!!

NS!!

WP JOU LEKEA DING!!! WP JOU LEKEA DING!!! WP JOU LEKEA DING!!!

Comment by Elna Geringer on October 27, 2014 at 7:54pm

Ek is beslis n warm liefhebber van landskap,berge,ou plaashekke,son op en sak ens. Deesdae probeer ek ook n bietjie makro met n ekstensie buis EF25II maar sukkel nog daarmee. Ek geniet ook om die geveerdes af te neem maar daarvoor is baie en nog meer geduld nodig. Ongelukkig is ek nie in n omgewing waar voel fotografie maklik is nie. Wat ek haat om af te neem is mense. Dis niks lekker nie en daar is net te veel geite en "do's en dont's" by portret fotografie. Ek haal my hoed af vir julle ouens wat daarvan hou,julle is "special"

Comment by Donald Daniel Jacobs on October 26, 2014 at 7:40pm

nogal verbaas oor landskappe, ek het gedink plante en goggas sal bo aan die lys wees

Comment by Doretha Kock on October 24, 2014 at 8:59am

Nagedink en besef ek sal enige iets afneem. Soos die geleentheid hom voordoen, neem ek. Soms suksesvol en heel dikwels minder suksesvol, maar so leer ek.  Weet wel dat ek nie daarvan hou om volwasse  mense in 'n ateljee af te neem nie, maar kinders wel, want hulle is baie spontaan. Die "all trades en master of none" is seker van toepassing op my.

Comment by JJ on October 24, 2014 at 8:29am

ek geniet my 100mm makro lens die meeste! dus, makro is my gunsteling! goggas, blomme, druppels en snaakse vorme, enigiets wat bietjie uit die gewone is en wat mens nie raaksien, tensy jy daarvoor soek nie.  die wiel kan nie herontwerp word nie, dit sal altyd rond bly, maar gelukkig kan mens dit aanwend in 'n verskeindeheid van toepassings, en so is dit vir my met die foto's ook.  'n Verandering in f, of sluiter, of metering mode, kan 'n gewone foto laat uitstaan tussen die res... nie dat ek dit aldag regkry nie, maar dit is die lekker! altyd kans om weer te probeer...  

Comment by Pieter Steyn on October 24, 2014 at 7:51am

Wie is volgende ?

Comment by Pieter Steyn on October 24, 2014 at 7:50am

Dine - dit is seker van selfsprekend dat voëls my na aan die hart lê - die tyd wat jy spandeer om hulle dop te hou, die alleen wees die stilte alles dra by om goeie foto - of amper goed - geneem te kry. Bied ook groter uitdaging aan vir my. Kort en kragtig ek hou daarvan om hulle af te neem.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html