WOW………’n maklike vraag maar waar begin ek?Daar is so baie aspekte.

 

Ek hoor van Fotoskool die eerste keer by Josef Steyn in Feb 2014 toe ons by hulle gaste huis gebly het.Ek sluit aan en begin fotos laai.Ek het op hierdie stadium van my lewe feitlik niks van al die tegnieke van fotografie geweet nie.Ek het maar fotos geneem en gehoop ek het sukses iewers.Ek het in 2004 van brug kamera na Canon Eos 1000D gegaan met ‘n 70-300mm lens.Toe koop Huey in 2013 vir my die 60D en ek voel soos  die kat se snor.Groot sukkel was die wagwoord……….ek weet van AV,TV AWB en wat ook al op die kamera is net mooi niks en ek is nie baie goed met “manuals” lees nie.Teen die tyd wat ek vir Josef ontmoet was ek reg om die 60D iewers in ‘n rivier te gooi.Baie geduldig het hy ‘n hele middag met my gesit en al die dinge vir my verduidelik,dankie tog hy het ook Canon kamera

 

Gou het ek agtergekom dat fotos neem,soos ek dit doen en soos die skolers dit doen,nie naastenby dieselfde is nie.Hier is ‘n groep mense wat fotografie op ‘n ander vlak doen as ek en met groot sukses.Die behoefte begin stadig maar seker ontstaan om ook sulke fotos te kan neem.Ek begin maats maak en vra waarvoor die blou F+ is en Susan Myburg vertel vir my die storie oor die kursus.Ek kerm Igno se ore lam om weer ‘n nuwe kursus te doen en toe op ‘n dag……….voila daar verskyn die kennisgewing op die hoofblad

 

Ek was omtrent soos ‘n July resiesperd in die wegspring hokke.Alles kon net nie vining genoeg gebeur nie en toe is ek uiteindelik op die Blackbord en daar is die hele kursus.Ek lees die avonture deur  en dink dat dit relatief maklik gaan wees.Hmmmmm…….ek het vining uitgevind dat Igno ‘n kwaai onnie is wat net die beste by die kursus gangers wil hê.

 

Party van die avonture was redelik maklik maar daar was ook die wat my vermoeë ver gedruk het.Daar was ‘n tyd wat ek in myself begin twyfel het en gewonder het of ek ooit anderkant gaan uitkom.Tou opgee is nie iets wat ek maklik doen en ek hou aan.

 

Vandag,20 maande later,voel ek fotografies skatryk.Ek het so baie geleer.Aspekte wat ek nooit van gehoor het nie kan ek toepas.Ek verstaan die fotografie taal soveel beter as 20 mde gelede.Ek weet van tegnieke wat ek van gelees en gehoor het maar nooit toegepas het nie.Ek kyk na ‘n omgewing/onderwerp/voorwerp wat ek wil afneem en ek hoor Hennie se stem…….DLEAB so duidelik.Dit het nou al 2de natuur geword.Ek verstaan meer van verskillende kameras en lense as ooit tevore.My 3-poot,sandsak en swart doek is 24/7 in die voertuig as die wiele begin beweeg.Ek leer die verskillende boustene van fotografie en ek kan dit maklik nou in fotos identifiseer.Die knoppies op my kamera (ek het lankal van AUTO vergeet)en ook die ander stellings het begin sin maak en ek leer hoe om daarmee te speel,foute te maak,reg gehelp te word en weer te probeer

 

Die aspek wat vir my nagte wakker gehou het,was die “aperture tri-angle” Ek kon die begrip van groot gat-klein syfer-baie lig-klein gat-groot syfer-min lig net eenvoudig nie verstaan nie.Veld diepte was ‘n nagmerrie.Toe lees ek van die 22 soldate in een van die avonture en die “penny drop”………….vandag kan ek nie glo ek het so daarmee gesukkel nie.

Kamera se lig meet aksie het niks vir my beteken nie totdat die M op die knoppie my begin kielie het.Ek is nog steeds nie baie met die M doenig nie maar ek is nie meer bang daarvoor nie.Die Aperture-ISO en F-stop maak sin en ek verstaan dit,so die M kan ek doen as dit regtig nodig is

Toe kom avontuur 15 RAW en Jpeg.Hehehehehehe dit boul my vir ‘n 6 en ek wonder of ek die bedryf ooit gaan reg kry.Ek lees al die “links” wat gegee word en besluit,nee wat…..RAW is nie vir my nie.Ek loop  op ‘n dag ‘n  vriendin raak wat ook fotografie doen as ‘n besigheid en sy wys my wat alles met RAW fotos gedoen kan word.Nou is my D60’s(ek het nou 2 van hulle) is albei gestel vir Jpeg en RAW en ek begin my redigering altyd met die RAW foto. Blessings daarvoor.

 

Die histogram spook my flou en ek sukkel met die konsep.Ek kan nie meer onthou presies wat duidelikheid gebring het nie,maar beide my 60D’s is permanent met die histogram aktief.Ek kan nie meer daarsonder nie.My passie is mos maar landskappe en wat daarmee saam gaan en hier werk die histogram heerlik

 

Ek leer hoe om met sagteware te werk,ek leer die mag van swart en wit fotografie.Ek leer van “Exposure Compensation”.Ek leer van die goue uur van sonop en son sak se fotografie en hoe om dit te doen.Waarna moet jy oplet en waarvoor moet jy versigtig wees

 

Ek kan ‘n koerant vol skryf oor wat hierdie kurses vir my en my fotografie beteken het.Ek sal nie huiwer om skolers aan te raai om die volgende een te doen nie.Ek kan nie genoeg dankie sê vir Igno en sy span se baie geduld met my nie.Ek dink ek het hulle meer kere na rooiwyn toe gejaag as wat hulle wou drink.Ek is so dankbaar vir Hennie wat altyd met raad en daad bygestaan het.Nooit het hy te hard geraas nie en sy hulp is so onskatbaar.Ek het die video clips van hom op die kurses baie geniet en ek gaan luister nog gereeld daarna.

 

Die voordele van hierdie kursus is legio.Bo alles het ek geleer om fotografie te geniet en deur my kamera se lens sien ek elke dag God se mooi skepping en ek is dankbaar vir Fotoskool, wat deur Josef, my lewe binne gestap het.

 

 

Views: 140

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on November 21, 2015 at 6:14pm

Elna ek stem heelhartig met jou saam.

Ek het nou nog nie een fotoskoler ontmoet nie, maar as ek my rekenraar aansit is fotoskool

die eerste wat ek oop maak. Ek geniet fotoskool baie. Die kurses het my ook baie geleer,

en vandag as ek n foto neem, doen ek dit soos ek geleer het. My foto's het ook heeltemal verander, na die kurses. Groete vir jou Elna en dankie vir jou storie.

Comment by Vida van Schalkwyk on October 17, 2015 at 10:21pm

elna, happy bday - geseënde jaar vol vrede en vreugde vir jou!!

Comment by Pieter Steyn on October 15, 2015 at 5:17am

mooi geskryf Elna en baie waar

Comment by Hester Gerber on October 2, 2015 at 5:47pm

Jou passie vir fotografie is aansteeklik en danksy jou het ek ook fotoskool ontdek, maar nog so baie om te leer.

Comment by Susan on October 2, 2015 at 3:53pm

Puik skrywe en BAIE GELUK MET JOU VOLTOOIING. Natuurlik is hierdie webskool die beste! Te danke aan Igno vir die stigting daarvan en al die Profesionele hulp van Hennie, Josef en Lientjie. EN DIE LEDE.................. great span en nog lekkerder om Afrikaans te wees.

Comment by Amanda Swanepoel on October 2, 2015 at 12:05pm

Te danke aan jou my dierbare vriendin is ek vandag by fotoskool. Die Vader het dit so beskik dat skewe horison ons paaie laat kruis het. Ek het nog 'n baie lang pad om te stap maar kan ook nie genoeg dankie se vir jou geduld, hulp en raad nie. En dan wil ek ook graag vir Hennie, Josef, Igno en al die ander van Fotoskool bedank met al die ondersteuning en raad. Sonder julle almal sal ek verlore wees.

Comment by Gerrie Lambrechts on October 1, 2015 at 7:13pm

Dankie Elna dat jy FotoSkool se lof so besing. Ek is glad nie op kamera verstellings nie, maar wat ek met foto's neem, tot dus ver, reggekry het is net aan hierdie blad met Igno, Hennie, Josef, Lientjie en al die maters se hulp te danke. Ek delete hope foto's van voor FotoSkool en kry sommer lag vir dit wat ek eens gedink het 'mooi' is.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html