Iemand het onlangs gevra wat HDR fotografie is.

Ek gaan so 'n kort verduideliking probeer gee.

Ons kamera se sensor/oog kan 'n bepaalde "range"/reikwydte van helderheid sien. Ek wil amper seg dat jou kamera se oog so 'n paar vlakke van kontras kan sien, jou oog kan meer sien - maar wat as jy soos Steve Austen kan maak met jou kamera (wie onthou nog vir Steve Austen - die man van staal - met sy bioniese oog?).

Nou wat jy kan doen is om jou kamera drie foto's te laat neem. Die een onderbelig, die ander redelik reg belig en die ander oorbelig (jy kan met meer foto's ook speel as jy wil). Dan gebruik jy sagteware soos Photoshop of ander sagteware wat meer spesifiek is, en jy plaas al drie foto's op mekaar. Die resultaat is 'n heelwat helderder foto - met effekte soos "ghosting" en baie sterk kante. Ek het gou as voorbeeld hier 'n foto, en sal later meer vertel...

Views: 149

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Piet Nel on January 10, 2014 at 9:30pm

Dankie Gene gaan dit probeer

Comment by Amanda vd Westhuizen on January 10, 2014 at 7:57pm

Sjoe! Dis mooi.

Comment by Gene on January 9, 2014 at 6:41pm

Piet Nel , sekere Canon modelle kom met HDR as 'n opsie op die knoppie. Vir die res , leer hoe om auto exposure bracketing te gebruik. Dis in die boekie en op die cd wat saam met die kamera kom !  Lees dit .

En begin met foto's wat jy die kamera op 'n stewige driepoot het..

Comment by Pieter Steyn on January 9, 2014 at 4:07am

Baie dankie Igno ek en Piet het reeds daaroor gepraat en gewonder daaroor - sien uit na die opvolg hiervan

Comment by Piet Nel on January 8, 2014 at 9:25pm

Dankie Igno ek het net n probleem my kamera neem 3 maar verwerk dit self so weet nie of dit goed of sleg is nie baie dankie vir jou raad

Comment by Jacques van Delft on January 8, 2014 at 9:16pm

Hi Igno, fotoskolers kan die program op die internet kry met 'n onbeperkte gebruik. Dit plaas ongelukkig 'n stempel op jou foto's. Dit is egter maklik om 'n serie nommer te kry ook wat die probleem oplos.

Comment by Christelle on January 8, 2014 at 9:16pm

Sprokies mooi!! Dankie dat jy dit met ons deel Igno!

Comment by Igno van Niekerk on January 8, 2014 at 9:11pm

Hallo Jacques, ek dink hulle gee dit ook as 'n 30 dae toetsweergawe (Photomatix), wat fotoskolers dan lekker kan laat speel...

Comment by Jacques van Delft on January 8, 2014 at 8:37pm

Hi Igno, dankie vir die verduideliking oor HDR. Ek het self oor die nuwe jaar PHOTOMATIX 'n HDR verwerkings program ontdek en gebruik dit nou. Dit open 'n heel nuwe vlak van fotografie. Sien uit na die "sal later meer vertel". 

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html