Ek maak toe mos nou een aand "Facebook" oop vir 'n verandering, want vandat ek fotoskool ontdek het is daar geen ander aktiwiteit wat op my rekenaar plaasvind behalwe foto's, foto's en nog foto's nie. Ek laai af, edit, gaan deur my duisende foto's om te sien wat ek nog kan opsit en so gaan dit aan. Maar wat ek eintlik wil sê: ek maak toe nou facebook oop en sien 'n comment van iemand wat ek nogal goed ken wat my sommer rooi laat sien. "Enige aap met 'n SLR kamera, dink hy is 'n fotograaf"

Nou wonder ek maar net, wat is die definiese (noukeurige omskrywing van 'n woord) van 'n fotograaf?

Die engelse woordeboek sê: photographer [fəˈtɒgrəfə] - (Business / Professions) a person who takes photographs, either as a hobby or a profession.

Die afrikaanse woordeboek sê: fotograaf - afnemer, persoon wat foto's neem

fotografeer - foto's maak, afneem.

Nêrens sien ek dat dit iets sê dat 'n fotograaf is 'n persoon wat foto's neem met 'n diploma in die sak of 'n graad agter sy naam nie.

Nou wonder ek maar so by myself (nog steeds die hoenders in), as jy 'n kamera het, 'n oog vir 'n goeie foto en sulke goeie raad kry soos hier by fotoskool en jy doen dit vir 'n hobby of dan professioneel, en jy het nie 'n diploma of enige graad in fotografie agter jou naam nie, beteken dit dat jy nooit 'n fotograaf genoem kan word nie?

Wel, die afleiding wat ek maak, is dat dit is wat hierdie persoon dink.

Ek stem saam dat 'n persoon met opleiding of 'n geleerdheid wel 'n baie beter fotograaf is as ons ou gewone outjies, maar die spreekwoord sê mos: PRACTICE MAKES PERFECT. En ja ek sal ook eendag graag wil foto's neem vir 'n ekstra sakgeldjie.

My man sê: "hy het mos nie iets gesê van een van jou foto's nie". Maar dit is nie vir my die punt nie. Die punt vir my is, ons gewone outjies kan ook met baie oefening en raad dalk eendag in 'n "FOTOGRAAF" ontluik.

Kyk na ons foto's: "Ontsluit Potensiaal" !!

Views: 785

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by FRANS SAAIJMAN on March 13, 2012 at 2:30pm

Ek  dink  dit  is  " IN  THE  EYE  OF  THE  BEHOLDER." Onder  andere. Maar  sodra  die  fotograaf  geleer  het  om  te  KYK  en  te  SIEN  ,  dan  is  die  stryd  50%  gewen. Verder :  TYD ?

Comment by Antoinette Henrico on March 2, 2012 at 10:17pm

Aan almal, baie dankie vir julle kommentaar op my blog. Jimmy, baie dankie vir die kompliment en ja, ek stem, die ou/ vrou met die kamera is die fotograaf. Emil, en ek sê ook, ons kan nie almal die beste wees nie. Hoe "boring" sou die lewe dan nie wees nie. Ek sal my in die toekoms blind hou vir sulke aanmerkings, dit is in elk geval baie beter om die kommentaar op fotoskool te lees en ek leer nog baie daaruit. Viva fotograwe Viva!!

Comment by Donald Daniel Jacobs on March 1, 2012 at 4:18pm

Jaloesie ...dis al

 

Comment by Petro Cloete on February 29, 2012 at 9:28pm

Hi Antoinette,

Jip, ek stem saam met almal wat kommentaar gelewer het. Toemaar vat dit van wie dit kom. Ek is ook nie 'n professionele fotograaf nie, maar geniet dit om sommer om foto's te neem wat stories vertel, dis my "memories". As die persoon dit dan nie wil sien nie, hoekom kyk hy daarna..... Plaas dat hy mens reghelp, maak hy negatiewe aanmerkings in die wind. Ek leer liewer by fotoskool as om so iemand hulp te vra. Geniet jou foto nemery.

Comment by Karien Booysen on February 29, 2012 at 10:29am

Hi Antoinette, jy moet jou glad nie aan dit steur, gaan jy net rustig voort en geniet foto's EN jou kamera!!

Comment by Emil Thompson on February 29, 2012 at 10:29am

Antoinette, verwys die persoon gerus na die woordeboek, want daarvolgens is iemand wat 'n foto afneem 'n fotograaf. Daar is 'n verskil tussen 'n professionele fotograaf en 'n gewone fotograaf. Dieselfde geld vir iemand wat golf, rugby, tennis ens. speel. Jy hoef nie noodwendig die wereld se nommer 1 golfspeler te wees om 'n golfer genoem te word nie.

Comment by Jannie Labuschagne on February 28, 2012 at 5:19pm

Hi Antoinette

Ek stem 100% saam met Pieter. Ek was nou nie op faceboek nie,maar miskien het die persoon nie eers self 'n DSLR nie. Hoe sê hulle jalousy makes you nasty.

Comment by Pieter Cloete on February 28, 2012 at 10:23am

Hi Antionette,

Ek dink ons praat van dieselfde persoon hy maak maar sulke opmerkings, ek noem dit sommer "verwaandheid" so persoon dink dat hy die perfekte fotograaf is maar het ook heelwat tekort komminge. Ignoreer die op of aanmerkings wat so 'n persoon maak en wees net jouself leef jouself volkome uit in dit wat jy doen. Soos jy se "Practice makes perfect' almal van ons leer elke dag meer.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html