Ek verneem asseblief van mede fotoskolers of julle ook, soos ek in die onlangse tyd, probleme ervaar om die webwerf van Fotoskool te gebruik. Die laaste keer wat ek die problem ervaar het was gisteraand(1 Junie). Dit beteken dat ek nie n adie fotos kan kyk nie en dat ek ook nie die enkele foto per dag kan oplaai nie.

EK weet nie of dit dalk n problem met my internet hier in Kuwait is nie alhoewel ek dit betwyfel omdat my mede Fotoskoler al hier, dieselfde belewenis het.

Ek weet ook nie of die probleem ontstaan agv n te besige internet nie, of dalk is die probleem by die bediener(server) in SA.

Ek verneem graag of daar ander Fotoskolers is wat dieselfde problem ervaar. Dalk kan Igno n antwoord gee?

Dankie

Frans

Views: 169

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on June 15, 2014 at 3:24pm

Ek het ook nie enige probleem om foto's af te laai nie en Fotoskool maak dadelik oop.  

Comment by Amanda Coertze on June 12, 2014 at 12:50am

Kan ook nie my profile foto verander...

Comment by Henriette Auerswald on June 8, 2014 at 12:26pm

My stuiwer is ook, dat ek nie my profiel foto kan verander nie.  Sal maar eendag vir Pieter met die ompad vra. Verder werk als wonderlik vir my. 

Comment by Donald Daniel Jacobs on June 7, 2014 at 5:09pm

internet van my huis af het verskeie kere buite werking gewees maar was blykbaar a.g.v. n kabel fout. Iets anders, as die krag skielik af gaan voor ek afsluit dan moet ek weer in teken op die webblad... my tiekie se waarde

Comment by Elna Geringer on June 7, 2014 at 9:57am

Hi Frans,ek het so 3 weke terug n soort gelyke probleem gehad nadat ek my skoot rekennar moes "hospitaal" toe vat om van virusse ontslae te raak. Toe ek daarna weer wou fotos laai,het ek n boodskap gekry wat se dat al die "plug Ins" is nie gelaai nie. Nadat ek dit weer gedoen het was als weer honkie dorie. Probeer dit,dalk is jou probleem ook "plug Ins". Sterkte dit is uiters frustrerend

Comment by Piet Nel on June 6, 2014 at 8:39pm

Frans jy is nie alleen nie ek het al gekry dat hulle vir my sê fotoskool bestaan nie en selfs kodes gegee wat se daar is n prbleem ekself het die week ook dit ondervind. Goed gaan aan daai kant van die Wêreld met jou

Comment by Liz on June 5, 2014 at 10:37am

My penny's worth is dat ek net nog nooit enige van daardie probleme ondervind het nie. Of ek tuis, by die skool, op die plaas of oorsee is - als werk net vir my. Miskien is ek maar net baie gelukkig. So vir julle wat sukkel my meegevoel en mag julle ook binnekort "foutloos" kan "surf".

Comment by Pieter Steyn on June 4, 2014 at 6:09pm

Wat fotos aanbetref word geen problem hier ondervind - by die profile fotos weet ek van paar lede wt dit nie regkry nie - ekself kon dit nie regkry nie maar wel d.m.v ompad kan dit gedoen word -iemand andrs teken in op jou naam en wagwoord en verander die foto. Maark nie saak hoe klein of groot in watter format die foto is nie - dit wys net error try again. Slegs eenkeer het error 500 uitgeskop server  not found - maar 10 min later het dit gewerk.

My bydrae hoop  dit help

Comment by Frans van Heerden on June 4, 2014 at 9:41am

Baie dankie Renette. Ek hoop Igno kry hierdie boodskap en ek hoop van harte ander Fotoskolers wil ook reageer. Fotoskool is gans te kosbaar vir ons en ons moet doelgerig en aktief aan sy instandhouding saam werk.

Dankie aan Christa, en Elma vir jul reaksie

Comment by Renette van der Merwe on June 4, 2014 at 8:55am

Ek het so 1 week terug so 'n probleem gehad dat ek glad nie foto's kon laai nie. en dan het ek 'n probleem dat van my boodskappe wat ek op Mainroom sit, dit gaan deur maar ek kan glad nie sien wat ek skryf nie dan sê die mede FS dat hul sien my boodskappe ek moet net aanhou skryf.Nou vra ek hoe kan ek aanhou skryf as ek nie my eie boodskappe sien nie. Ek het vanoggend weer so 'n probleem gehad dat ek sukkel om my foto op te laai. Hoor graag van ander FS.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html