Kom ons veronderstel jy is ‘n absolute beginner in fotografie. Jy kom met een versoek: Jy wil graag goeie foto’s neem. Jy het slegs twee minute en ek moet vir jou advies gee wat jou kan help. Dis ‘n moeilike versoek, maar kom ons loer na ‘n paar dinge. Neem in ag dat daar heelwat meer dinge is, maar toets jouself gerus aan die volgende:

Eerstens, maak seker dat jy jou toerusting ken. Verstaan die basiese beginsels van sluiterspoed, lensopening en ISO. Ken al die knoppies op jou kamera en verstaan hoekom hulle daar is. Niks sal sonder rede by die basiese kamera gevoeg word nie.

Dan, maak seker jy neem skerp foto’s. Weet hoe om die kamera so stil as moontlik te hou, verstaan hoe die fokus en fokuspunte werk en sorg dat jou foto’s nooit weens kamerabeweging of ander redes uit fokus is nie.

Soek die beste lig. Maak seker jy neem jou foto’s in goeie lig. Fotografie gaan oor lig. Hoe mooier die lig, hoe mooier die foto. ‘n Landskap teen sonsondergang is baie mooier as ‘n landskap 12 uur in die middag in helder sonlig. ‘n Model in die skaduwee met geweerkaatste/geflitsde lig op haar/sy gesig lyk net baie beter as dieselfde model onder harde sonlig met skaduwees onder die oogbanke en neus.

Glo in jouself, maar maak seker jy hou aan leer. Kyk wat ander fotograwe doen, loer wat werk in tydskriffoto’s of ander foto’s. Leer dan hoe om dit na te boots en bou so jou eie styl verder uit. Moet nooit ophou leer nie.

Neem die hoogtste gehalte foto wat jou kamera kan neem. Data/spasie is goedkoop. Oomblikke is eenmalig.

Gebruik ‘n eksterne flits as jy kan. Dit help jou om die lig meer te manipuleer asook om die hoek waaruit lig val te bepaal. Lig en skadu kan ‘n foto maak of breek. As jy net die kamera se eie flits het om mee te werk, probeer om dit sover as moontlik te versag. Veral as jy direk voor iemand staan en ‘n portret neem. Mense wil nie graag soos rooi-oog hase voor helder ligte lyk nie.

Maak tyd om te eksperimenteer. Deesdae kan jy jou kamera se verstellings op die rekenaar sien. Probeer bepaal hoekom ‘n foto lyk soos dit lyk deur na hierdie EXIF-data te kyk en dit te interpreteer.

Maak seker jy laai jou kamera se batterye en ‘n skoon stoorkaart voordat jy uitgaan om foto’s te neem.

Onthou om jou kamera saam te neem. Dis baie moeilik om foto’s te neem sonder ‘n kamera!

 

Fotoskolers, kom deel gerus julle wenke in die Comments afdeling onder aan hierdie blog - wat is jou gunsteling wenk?

Views: 1555

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Lizel Kosny on October 16, 2016 at 12:52pm

Ek sal net graag wil weet, hoe neem ek ligte af, soos bv n stad van n berg af, sonder dat die ligte soos strepies op die foto lyk?

Comment by Liz on July 2, 2012 at 4:25pm

Sjoe neem al die info en wenke van almal hier ... slurp dit konstant soos 'n spons op .... gaan dan en probeer tot jy regkom ... moet net nooit ooit handdoek ingooi nie. Moet ook nooit dink jy weet nou alles van fotografie nie want dis soos 'n lewens lange leerskool... kry nooit end nie! Always stay humble as beauty is in the eye of the beholder! Amen.

Comment by Martie Venter on July 2, 2012 at 4:10pm

Wonderlike wenke, Igno! Ek stem saam met Elizma oor die spot metering, ek gebruik dit ook graag. Wil ook net byvoeg: Moenie worry oor wat "die mense" dink wanneer jy besig is om foto's te neem nie, hulle verstaan (nog) nie hoe lekker dit is nie:)

Comment by Elizma Fourie on July 2, 2012 at 3:46pm

Kamera op spot metering, fokus op die "mid grey" hou shutter in herrangskik jou foto en druk die shutter voluit. Hoop julle verstaan wat ek probeer sê. Dit is nou my beste tip vir die dag.

Comment by Willem Kruger on July 2, 2012 at 2:03pm

Hi Igno, thanks vir die kort tips en dit is so waar. Ek het alreeds op my blog begin om sulke tips te deel asook op Fotoskool se wildsfotografie groep se website: http://willemkruger.wordpress.com/ of http://willemkrugerphotodiscuss.wordpress.com/ (spesieke tips vir wildsfotografie). Geniet dit en kommentaar is meer as welkom.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html