Wenner van die Pouse langs die Pad temafoto-kompetisie

Hallo Almal,

Danksy Hennie se besoek aan Namakwaland vandeesweek het ek bietjie gewag met die kies van die wenner van die "Pouse langs die Pad" temafoto-kompetisie. Hennie is nog skaars uit die motor, toe moes hy help beoordeel! (En sien ons nie uit om sy Namakwaland foto's te sien nie!)

Nou loer gerus weer na al die foto's, dink oor watter een vir jou die meeste van "pouse langs die pad" vertel, en kyk of jy dalkies met die beoordeling saamstem. So, kom ons loer weer...

 

Charles het uit sy pad gegaan om die dinge langs die pad te rangskik:

En Susan het tot in Botswana gery om iemand langs die pad af te neem:

Annatjie het die plek waar pouse gehou word op 'n staproete raakgeloop:

Anet het tot in Angola gereis om haar broer te vang pouse hou met pap en tik:

En Michael het net voordat hy hierdie foto op Alexanderbaai geneem het eers vir die seuntjie gewys hoe om agteroor bollemakiesie te slaan:

En Marietjie het haar gesin tot in Witsand laat reis en toe gesorg dat hulle aan iets kou om haar pouse vol-maak te maak:

Adriaan is deur die natuur se stil blaargeruis tot stadige stilstand te kom...

 

Ingrid se foto was vol sepia herinneringe:

 

Terwyl Juanita se pouse vol aapstreke was:

 

Gustav se pousegangers was sommer lekker gedaan langs die pad!

Terwyl Anita se modelle ook uitgestrek die pouse geniet het!

Coline het 'n geforseerde pouse raakgeloop:

En wie is die wenner?

Baie geluk aan Michael. Die interpretasie van "Pouse langs die pad," kompleet met skool, pad en kinders wat pouse hou was die eerste keuse van al die beoordelaars. Hoewel die interpretasie puik is, kan jy dalk die rooi bakkie en kinders aan die linkerkant weg-crop en die komposisie versterk. Steeds - 'n foto wat getuig van 'n op-en-wakker oog! Wel gedaan!

Views: 209

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Igno van Niekerk on September 13, 2011 at 6:58pm
Hallo Michael - dit sal haar leer om haar man alleen met die foto's te los... dra maar ons gelukwense aan haar ook oor. Dan is sy die amptelike wenner...
Comment by Charles Whitehead on September 13, 2011 at 6:56pm
Geluk met die foto Michael, al is dit jou vrou se foto :-)
Comment by Michael Coomans on September 13, 2011 at 11:21am
Baie dankie beoordeellaars. Igno, ek wou die bakkie uitcrop, maar dan sou ek van die toeskouers verloor. Moet egter bieg -- dis my vrou wat die foto geneem het. Sy't al geslaap toe ek op fotoskool was, die dat ek dit sommer onder my naam geplaas het. So ploeg ek toe met haar kallers.
Comment by Hanli on September 13, 2011 at 8:20am
Baie geluk Michael!!
Comment by Rudi Kleynhans on September 12, 2011 at 8:33pm
Baie geluk, Michael!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html