Wenners van ons truspieel temakompetisie...

Hallo Almal,

Ek deel graag die wenfoto's van die Truspieel rondte.  Ongelukkig het ons weens tydsdruk nie kans om individuele kommentaar te lewer nie. Ons het ook hierdie rondte die vrymoedigheid geneem om digitaal gemanipuleerde foto's afsonderlik te beoordeel.

Hennie het Francien as sy ongeredigeerde wenner gekies, met Charles Whitehead as die geredigeerde wenner. My wenner was Ingrid, hoewel daar pale ensovoorts in die foto is, was ek mal oor die interpretasie van die tema met die dogtertjie en die jong vrou, wat albei in 'n truspieel gesien word, wat in terme van interpretasie iemand se terugblik op hulle kinderjare en jonkwees kan wees. Digitaal (Geredigeer) het ek ook van Charles se foto gehou, maar ek gee ook vir Rudi 'n plek weens sy juiste interpretasie van die tema! So hierdie rondte het ons dus sommer vier wenners.

Baie geluk aan Francien, Charles, Ingrid en Rudi.
Julle dring almal verder deur na die laaste kwartaal se finale rondte! Kan julle glo - die laaste kwartaal is om die draai!

Onthou ook gerus ons volgende tema is "Windlawaai." Laai net jou foto met die titel: "temafoto windlawaai"

Hier is die foto's weer as julle wil koekeloer of saamgesels!

Leonie het gewys dat silos nie altyd kleurloos hoef te wees nie, veral nie as mens kyk in jou truspieel nie:

Dana was meer filosofies en het gekyk na die brue wat agter hom is, en gewonder oor wat voor hom wag...

Rudi het letterlik die wereld laat tol en die truspieel laat breek...

Rassie was oppad...

En dit wil voorkom asof Jacques agtervolg word...

En Ludwig het hulp van 'n geveerde vriend ingeroep...

En Gerhard het 'n truspieel met 'n "reflektor" gevind...

Terwyl Elize deur die agterste windskerm koekeloer het...

En Charles het besluit om Photoshop 'n bietjie in te span...

Terwyl Marietjie in die truspieel na die verlede gekyk het...

Johan het 'n wereld van min met goeie geluk agter hom gesien...

Giel het ook tru-gekyk...en vrede gesien...

En Ingrid het teruggekyk na kinderjare op 'n stoep:

En hier is Francien se truspieelblik...

Vir Michael was daar chaos en 'n aardbol...

Susan was iewers heen oppad met 'n vrag en 'n gevolg...

Vir JP was die opsie tussen land en lug...

Indien ons iemand gemis het, laat weet gerus want ons sal graag more die beoordeling wil doen...

Views: 135

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan van Zyl on August 2, 2011 at 9:52am
Geluk aan al die wenners
Comment by Gerhard Beukes on August 2, 2011 at 6:22am
Baie geluk aan die wenners, die kompitiesie raak nou lekker stram met die gehalte en idees. Ek geniet dit baie
Comment by Charles Whitehead on August 1, 2011 at 10:19pm

Dankie Rudi

Ook geluk aan al die ander wenners Rudi, Francien en Ingrid. Die was voorwaar 'n interessante rondte met verskeie interpretasies van almal. Maar dis mos wat fotografie so besonders maak !

Comment by Rudi Kleynhans on August 1, 2011 at 9:53pm
Baie geluk Francien, Ingrid en Charles!  Julle is waardige wenners!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html