Werkswinkels en Lesse - Is dit die moeite werd?

'n Vraag wat ek baie gevra word.. sal iemand se fotografie verbeter as hulle geld uitgee en lesse of werkwinkels bywoon. Is dit nie beter om dinge op die internet self na te slaan nie of om self net te oefen?.. dis mos hoe mens leer en regkom!

 

Ja, dinge kan so gedoen word. 'n Mens kan self leer en jou fotografie verbeter. Die enigste probleem is dat die tyd wat dit neem om resultaate te kry baie langer is. Baie keer verstaan ons nie wat doen ons verkeerd nie of ons verstaan nie waarvan hulle eintelik praat as ons 'n artikel lees. Hoe vra 'n mens vrae as jy nie iets verstaan nie? Hoe maak jy as jy dieselfde fout oor en oor maak? Het jy al ooit gekry dat jy na iets kyk maar nie die fout sien nie? Dit lyk nie reg nie maar tog sien jy nie waar lê die fout al probeer jy so hard om dit raak te sien!

 

Ek neem al 42 jaar fotos!!! Ja, flip, ek het self geskrik toe ek besef het hoe lank dit is! Maar, ek het deur die leerproses gekom en vandag verstaan ek waaroor dit gaan. Ek het heelwat ondervinding opgedoen en moes ook self deur daai probleempies gesukkel het. Ek ken baie van die kort paadjies en deur jare se ondervinding het ek geleer wat werk of nie werk nie.

 

Hierdie kennis deel ek wanneer ek werkswinkels of lesse aanbied. Jare se ondervinding word binne 'n paar uur met jou gedeel.. dinge wat my baie lanke geneem het om uit te werk of op watse stelling die beste resultate lewer.. jy kan onmiddelik vrae vra en dinge wat jy nie verstaan nie kan verduidelik word.

 

Ek bied later die maand 'n werkswinkel oor voël fotografie in Kimberley aan.  Ek neem al 29 jaar al voëls af en het 'n deeglikke kennis oor hierdie tipe fotografie. Toe ek die werswinkel geskryf het, het ek gedink dat ek dit nooit gaan klaarmaak nie. Daar was net soveel om oor te praat. Die werkswinkel vind in 'n dag plaas... ek bied vir ten minste 6 ure inligting aan wat ek oor al die jare opgedoen het. Dinge soos doe toepaslikke toerusting, die beste stellings, hoe om jouself in die veld te gedra en soveel meer..

 

Wil jy dalk voëls afneem? Kan jy daarby baat om dit by te woon of dalk sal die beter wees dat jy oor die volgende 20 jaar die inligting self bekom? Net die kan jy self besluit. Maar om die oorspronklikke vraag te beantwoord, ja, dit is beslis die moeite werd om lesse of werkswinkels by te woon. Daar doen 'n mens kennis op wat gewoonweg jare neem om self op te doen.. vrae kan gevra word, kennis kan gedeel word.

 

Ek het so pas teruggekeer van die Drakensberg af waar ek ook soortgelyke lesse gegee het. Fotos soos die een is vasgevang...

 

 

Dalk sien ek vir jou in Kimberley op die 23ste?

 

 

Views: 182

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Annelise on July 13, 2011 at 7:46am
Robbie wat is die kans dat jy dalk sal oorweeg om so 'n reeks kursusse in die Kaap kan aanbied? Sover het ek nog nie hier iets raakgeloop wat die moeite werd is nie, dink daaroor asb
Comment by Nico Blignaut on July 10, 2011 at 7:21pm

Ek kan net se dit is die moeite werd.  Thanks wat ek al by julle geleer het (Robbie, Igno, Charls en Hennie).  Stuur asb vir my ook details aan.  Ek was al by hulle kursusse en dit was meer as goud werd.

 

Groete Nic

Comment by Corne Lourens on July 6, 2011 at 5:19pm

Dankie Robbie.  Kan jy dalk vir my meer besonderhede stuur?  Hoeveel mense jy voor bereid sal wees om deurtekom.  Ons kan altyd kyk na 'n lokaal, het een ingedagte.  Ook wat jou prys vir die werkswinkel is ens. cornelourens@mweb.co.za.

Dankie

Comment by Robbie on July 6, 2011 at 10:04am
Hallo Corne. Ja, ek ry rond en bied my werkswinkels oor die hele land aan. Solank daar belangstelling is kan ons dit doen! Ek is heel bereid om in julle kontrei 'n draai te kom maak, ons sal moet kyk hoe baie mense belangstel, 'n geskikte lokaal en 'n datum wat mense pas. Enige idees of kommentaar is welkom!
Comment by Corne Lourens on July 6, 2011 at 8:22am
Robbie, dankie vir die inligtingstuk. Dit is vir my baie goed om te hoor dat daar mense soos jy is wat julle kennis met ander ook deel. Mens kry dit nie baie nie. Jy kom nie dalk op 'n kol Noord-Wes (Rustenburg) naby Mankwe soos Gerrie ook genoem het om ook dalk 'n kursus aan te bied nie? Klink of jy rondry met jou kursusse?
Comment by Johan van Zyl on July 5, 2011 at 5:28pm
Dit is goeie nuus laat weet maar die tye en datums en al die lekker dinge
Comment by Paula Janse van Rensburg on July 5, 2011 at 3:50pm
Ai, Pongola is dan seker buite die kwessie??
Comment by Robbie on July 5, 2011 at 2:41pm
Ek kom Lydenburg toe volgende maand Johan.. Ons kan dit dalk reel as daar genoeg belangstelling is!
Comment by Johan van Zyl on July 5, 2011 at 1:55pm
Is ook te ver vir ons sal maar moet wag en sien as so n kursus hierby ons in die Laeveld aangebied gaan word sal daarvan hou om dit te doen
Comment by Gerrie van Vuuren on July 5, 2011 at 11:10am

Jy moet maar die kursus van jou vir my by Mankwe kom aanbied. Kimberley is darem 'n bietjie dem ver.

 

Vir die van julle wat dalk twyfel of dit die moeite werd is om so 'n kursus by te woon....dit is definitief!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html