Hallo Almal,

Sjoe, ek vra eerstens om verskoning vir die laat beoordeling van die Windlawaai inskrywings. Die afgelope twee weke was bietjie dol aan die duskant tussen kindersiektes, ongevallesale en al daardie wonderlike dinge wat die lewe soms in mens se pad toelaat om jou weer te laat dankbaar wees vir die gewone dinge wat jy as vanselfsprekend aanvaar. Hierdie rondte het Hennie gehelp met die beoordeling en loer gerus na wie as wenners gekies is aan die onderkant van hierdie blog. So, hier is die foto's vir hersiening!

Hier is Ingrid se opgedolliede windlawaai:(Heerlike interpretasie van die tema!)

En hier is Antoinette se potblou windlawaai wat lawaai as die wind deur hom waai: (Heelwat moeite en lekker kleurvol)


Charles Whitehead wys hoe luidsprekers die wind laat lawaai! (Uitstekend uitgedink!)

Terwyl Marietjie se windlawaai die pad afstap: (Lekker oomblik!)

Vir Anet lyk hierdie weer meer na 'n viervoetige windlawaai:(Kragtig, wens hy was op spoed!)

Coline het 'n windlawaai in die verbyry vasgevang - sommer twee van hulle! (Puik interpretasie)

En Susan se Windlawaai was sommer plein "Ougat"...met hoed en beer...(Heerlike oomblik!)

En kyk nou net die Windlawaai wat Josef raakgeloop het! (Aangetrek soos 'n ware windlawaai!)

En Rudi het 'n lawaaimaker op 'n windpomp gesien! (Ongelooflike goeie interpretasie van die tema)

En hier is Annatjie se kordate Windlawaaiers! (So kordaat! Puik interpretasie van die tema)

 

En die wenners wat aangewys is, is Marietjie en Antoinette. Baie geluk julle twee. En baie dankie aan almal wat sulke lekker standaarde gehandhaaf het. Hierdie was voorwaar een van die taaiste kompetisies nog, met heelwat meriete in elke foto en elke interpretasie.

Groete

Igno

Views: 225

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by ANTOINETTE MARX on August 30, 2011 at 8:46pm
Dankie almal ek het lekke gespeel. Geluk aan Marietjie ook en aan al die ander wat deel geneem het. Dit is lekker om na almal se foto's te kyk!
Comment by Gerhard Beukes on August 30, 2011 at 9:53am
Baie geluk Marietjie en Antoinette, julle verdien dit
Comment by Marietjie Whitehead on August 29, 2011 at 10:21pm

Baie dankie almal - ook vir julle kyk en kommentaar.  Ek het dit nog altyd baie geniet om aan die kompetisies deel te neem ! Baie dankie ook aan Hennie en Igno vir julle aandeel in die kompetisies !

Baie geluk ook Antoinette !

Comment by Rudi Kleynhans on August 29, 2011 at 10:20pm
Geluk Marietjie en Antoinette!
Comment by Charles Whitehead on August 29, 2011 at 10:13pm
Geluk aan die wenners : Marietjie en Antoinette

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html