Hallo weer Fotoskolers, goeie nuus is dat Igno vanoggend sy "blessing" gegee het vir hierdie inisiatief en dit gaan as volg werk:

1. Alle Fotoskolers en hulle gades kan deelneem

2. Die saak is vir Engela wat soveel van haarself en haar tyd en eie middele inspan om "Uncle" (en sy kat)se lewe so aangenaam as moontlik te maak. Die prerogatief is ook hare om met die fondse te handel soos sy goed dink.

3. Dit waarvoor deelnemers gaan meeding is 'n 1.5l, 1987 La Cotte Port waarvan net 1000 bottels gemaak is en hierdie een is nommer 997. Hy is nog in sy oorspronlike houtkissie en houtwol soos toe ek hom 1988 gekoop het.

4. Elkeen wat deelneem maak 'n aanbod om die item te bekom en besluit self wat hy/sy bereid is om daarvoor te betaal.  Die idee is dan dat die persoon met die hoogte bod die wyn bekom.

5. Die bod tesame met jou naam as verwysing(dis absoluut noodsaaklik anders kan ons nie weet wie wat betaal het) word op Fotoskool se bankrekening inbetaal. Bankbesonderhede is:

Standard Bank

Takkode 055534

Rekeningnommer 422193658

Rekeningnaam is Fotoskool

Die trekking word op Donderdag 30 Junie gedoen en die nuwe eienaar sal per foon in kennis gestel word en reëlings getref word om dit aan die nuwe eienaar te besorg. Reeds die volgende dag word die opbrengs aan Engela oorbetaal. Ek vertrou dat die reaksie hierop verwagtinge sal oortref en bedank elkeen reeds vir julle goeie gesindheid.

Groetnis

Riaan de Klerk

Views: 215

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on June 14, 2016 at 12:23pm

Ek saluut jou Riaan vir 'n briljante idee en vir dit wat gewen kan word.

Ek wil ook 'n ander voorstel maak......nie alle skolers drink port en/of wyn nie, so kom ons maak dan net 'n bydrae. Net om hierdie mooi gebaar te ondersteun

Comment by Tina le Grange on June 5, 2016 at 7:31pm

Dis reg Riaan;  ek en Coenie neem graag deel.

Comment by Dine Potgieter on June 4, 2016 at 10:01pm

Uitstekende idee!

Comment by Karen Kemp on June 4, 2016 at 9:05pm

Baie goeie inisiatief Riaan baie dankie!

Comment by Pieter Steyn on June 4, 2016 at 6:17pm

Dankie Riaan

Comment by Doretha Kock on June 4, 2016 at 3:44pm

Baie dankie Riaan en Igno vir die "blessing"

Comment by Riaan on June 4, 2016 at 3:43pm

Hennie alle deposante kan hulle bewys maar aan my e-pos by riaanforx@gmail.com en dankie vir jou geldige vraag, ja dit sal puik wees as almal dan sommer hulle kontakbesonderhede daarop kan plaas

Comment by Riaan on June 4, 2016 at 3:41pm

Nee Gerrie niemand hoef te weet wie wat gee en of jy gee. die enigste plek waar jou naam kom is op die deposito verwysing wanneer jy wel iets deponeer. baaaaie dankie, jy's awesome

Comment by Tersia Weitsz on June 4, 2016 at 3:31pm

Riaan, jy is n doring moet jou voorstel en die bottel wyn wat jy prys gee!

Comment by Gerrie Lambrechts on June 4, 2016 at 3:22pm

Baie oulike idee Riaan.  Moet ons dan hier kennis gee dat ons geld inbetaal het.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html