Hallo weer Fotoskolers, goeie nuus is dat Igno vanoggend sy "blessing" gegee het vir hierdie inisiatief en dit gaan as volg werk:

1. Alle Fotoskolers en hulle gades kan deelneem

2. Die saak is vir Engela wat soveel van haarself en haar tyd en eie middele inspan om "Uncle" (en sy kat)se lewe so aangenaam as moontlik te maak. Die prerogatief is ook hare om met die fondse te handel soos sy goed dink.

3. Dit waarvoor deelnemers gaan meeding is 'n 1.5l, 1987 La Cotte Port waarvan net 1000 bottels gemaak is en hierdie een is nommer 997. Hy is nog in sy oorspronlike houtkissie en houtwol soos toe ek hom 1988 gekoop het.

4. Elkeen wat deelneem maak 'n aanbod om die item te bekom en besluit self wat hy/sy bereid is om daarvoor te betaal.  Die idee is dan dat die persoon met die hoogte bod die wyn bekom.

5. Die bod tesame met jou naam as verwysing(dis absoluut noodsaaklik anders kan ons nie weet wie wat betaal het) word op Fotoskool se bankrekening inbetaal. Bankbesonderhede is:

Standard Bank

Takkode 055534

Rekeningnommer 422193658

Rekeningnaam is Fotoskool

Die trekking word op Donderdag 30 Junie gedoen en die nuwe eienaar sal per foon in kennis gestel word en reëlings getref word om dit aan die nuwe eienaar te besorg. Reeds die volgende dag word die opbrengs aan Engela oorbetaal. Ek vertrou dat die reaksie hierop verwagtinge sal oortref en bedank elkeen reeds vir julle goeie gesindheid.

Groetnis

Riaan de Klerk

Views: 229

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on June 4, 2016 at 3:21pm

Hallo Riaan

Baie dankie vir jou inisiatief en dat jy bereid is om die waardevolle bottel op te gee. Ek wil net een ding vra: waarheen moet die bewys van betaling gestuur word? Die persoon kan dan sommer sy/haar epos adres bysit, wat dit makliker sal maak om die persoon wat wen te kontak.

Met vriendelike groete

Hennie

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html