Gabriel parsons's Comments

Comment Wall (13 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 7:44pm on July 29, 2017, Tina le Grange said…

Windpomp:  Baie dankie Gabriël;  ek mis jou in ons klas.

At 10:15am on March 27, 2017, Tina le Grange said…

My straattoneel:

Baie dankie Christa, Doretha, Jan, Willie en Gabriël

Willie en Gabriël  Julle menings help my baie en ek waardeer dit.

Sodra ek die regte toneel kry sal ek met my kamera probeer en dan die verstellings vooraf doen.

At 4:58pm on March 14, 2017, Tina le Grange said…

Baie dankie Gabriël vir jou goeie wenk;  ek sal onthou van die afbuig;  ek is nogal geneig om altyd te staan wanneer ek foto's neem.

At 5:26pm on March 7, 2017, Tina le Grange said…

My high-key foto:
Baie dankie vir julle almal se kommentaar wat my help. Ek sal spesiaal 'n high key foto neem en dit dan plaas. Gabriel dankie vir jou wenk van "positive or upbeat tone"
Willie hier is die oorspronklike foto se kamera-verstellings:
f/5; 1/200 sek; ISO-160; Fokale lengte 52mm en die exposure bias was - 2 step M.a.w. ek moes hier 'n + syfer gehad het i.p.v. die -2. Is ek reg?

At 8:22pm on March 5, 2017, Josef Steyn said…

Gabriel, ek het glad nie aanstoot geneem of gedink jy kritiseer my foto nie. Wat jy wel reggekry het is dat jy my gestimuleer het om te kyk of my raaiskoot tov die velddiepte reg was. Wees dus rustig alles is nog reg tussen ons. Ek wil jou graag aanmoedig om vry te voel om vrae oor my foto's te vra of konstruktiewe kritiek te gee nie. 

At 9:35am on March 5, 2017, Josef Steyn said…

Dankie vir jou opmerking by my aandlig foto. Toe ek dit sien motiveer dit my toe om te kyk of my aanname tov die velddiepte korrek is. Ek is nie seker van die afstand van my af na die berg toe nie maar dit moet 'n paar km. wees. Ek raai toe 3 km. Ek het ook op iets naby die berg of dalk die wolk gefokus. My fokuspunt was dus ook ongeveer 3 km van die kamera af. Met die lens op 105 mm en f4 werk die DOF Calculator toe uit dat die naaste punt van aanvaarbare skerpte 90 meter vanaf die kamera is en van daar af tot oneindig behoort alles in fokus te wees. As daar iets is wat dalk nie so skerp lyk as wat dit behoort te wees nie kan dit eerder aan kamera beweging toegeskryf word want ek het uit die hand geskiet. Die stelling wat ek by my foto gemaak het gebruik ek ook as ek die maan afneem. Die f-stop wat ek vir die maan gebruik word alleenlik bepaal deur die hoeveelheid lig wat ek wil inlaat en die moontlike teenwoordigheid van 'n voorgrond. As ek net die maan afneem en daar is geen voorgrond soos 'n tak of boom in die raam nie sal enige f-stop vanaf f1,2 to f22 dieselfde skerpte gee. (Hoe skerp dit sal wees sal slegs deur die lens se eienskappe bepaal word.) As 'n mens op die maan fokus is die velddiepte 'oneindig' voor en na die maan. Dit net terloops want ek vervies my altyd vir radioprogramme waar klem daarop gelê word dat die maan by f11 afgeneem behoort te word. Dankie dat jy my laat dink het!!

At 10:45am on January 11, 2017, Josef Steyn said…

Dankie vir die kyk Gabriel en die aanbeveling. My doel met die vergelykings was om net op die kind en haar rokkie se kleure te konsentreer. Ek het nooit vantevore 'n probleem met my foto's se kleur op Fotoskool gehad nie maar onlangs het my foto's begin om nie goed te lyk nie. Vergeet dus die agtergrond. Kyk net na die kind en vergelyk die voorkoms van die twee verwerkings met die oorspronklike en gee 'n opinie. Onder normale omstandighede sou ek die oorspronklike agtergrond teruggeverf het maar vir die huidige wou ek nie baie tyd daaraan spandeer nie. Enige aanbevelings of menings wat jy dalk nie op FS wil plaas nie kan jy vir my aan my e-pos stuur. superfoto7@gmail.com  Op my skerm lyk die oorspronklike plasing se kleure baie uitgewas. Het jy dit ook op jou skerm opgemerk?

At 9:33am on August 9, 2016, Josef Steyn said…

Hallo Gabriel. Sover ek weet is daar nog nie 'n erkende Afrikaanse terme vir 'high key' en 'low key' nie. Ek het toe maar twee terme geskep nl. 'ligtetoon' (aanduidend dat die kleure ligte kleurtone is) en 'donkertoon' (aanduidend dat die kleure meestal uit donker kleurtone bestaan.)

Ek wou ook nog opmerk dat ek jou opskrif se woordspeling van "mahem" na "mayhem" baie oulik gevind het.

At 10:20am on August 28, 2014, Josef Steyn said…

Dankie Gabriel. Ek stem saam met jou. Die polariseerder is baie nuttig. Die doel met die reeks foto's was as opleiding bedoel vir die onervare fotograwe om hulle aan te moedig om te eksperimenteer en 'n toneel se moontlikhede ten volle te ontgin. 'n Mens is te geneig om die kamera op een van die semi-outomatiese funksies te stel, die foto te neem en dan is jy klaar, terwyl daar nog heelwat verskuilde moontlikhede in die toneel is as jy bereid is om 'n bietjie ekstra tyd te spandeer. As ek daarin geslaag het sal ek voel dat ek my doel bereik het. Mooi loop.

At 8:52am on June 5, 2014, Josef Steyn said…

Gabriel, ek het ook in die comment blokkie geskryf maar gedink ek stuur die verduideliking ook direk aan jou. Meeste van die tyd wanneer ek bv. landskapfoto's neem is die eerste ding waaroor ek altyd besluit die velddiepte. By hierdie stel foto's het ek 'n verdere onveranderlike bygevoeg nl. dat ek die sluiter vir 'n lang tyd wou oophou. Ek moes dus beide hierdie vereistes balanseer. (Ek het waarskynlik in manueel geskiet. Ek kan nie meer onthou nie.) Met die eerste foto het ek eerstens besluit dat ek 'n redelik klein lensopening moet gebruik om voldoende velddiepte te verkry. (Ek het rotse redelik naby gehad en dan ook die kop in die agtergrond). Ek het besluit f16 behoort reg te wees. Ek begin altyd op ISO 100. Toe het ek aandag aan die sluiterspoed gegee. Ek het 'live view' gebruik en sluiterspoed al hoe langer gemaak. Toe ek by 30 sek. kom, wat die langste sluiterspoed is wat ek kan instel, was die beeld nog te donker. Ek stoot toe die ISO op tot 200 en die beligting het toe reg gelyk. Vir die tweede foto wou ek 'n nog langer sluiterspoed gebruik en het toe die fstop op f22 gestel en ISO op 50 gestel. By 30 sek. sluiterspoed was die beels veels te donker en het ek na die 'bulb' setting gegaan en deur 'n kabel afstandbeheer die sluiter oopgehou. Vir die tydperk moes ek 'n skatting maak gebaseer daarop dat ek die lig wat die kamera kan binnekom met 5 stops verminder het, maar in ag moes neem dat die lig helderder was as tevore. Ek skat toe dat 'n sluitertyd van ongeveer 2 sek. dalk reg kon wees. Dit het toe geblyk 'n redelik goeie raaiskoot te wees.

Ek skiet baie op volkome manuele instellings. Dikwels is die veranderings wat ek doen tot 'n groot mate instinktief en vind daar nie 'n formele beredeneringsproses soos wat ek bo beskryf het plaas nie. Om egter sulke resultate te kry moet die beredenering wel plaasvind, behalwe dat dit dikwels in die agtergrond en bykans onbewustelik plaasvind. Een van die dae plaas ek 'n foto van my eerste kamera en 'n bietjie geskiedenis.

Ek moet jou ook geluk wens met jou foto's. Hulle is besonder mooi. Jy het 'n kunsaanvoeling waaroor ek nie beskik nie. Wees dankbaar daarvoor. Ek beny jou daardie gawe.

At 7:53am on May 3, 2014, Josef Steyn said…

Dankie vir jou opmerking Gabriel. Jy is heelwaarskynlik reg. My probleem is dat my oe se kleurwaarneming nie meer is wat dit behoort te wees nie. (Dit was nog nooit baie goed nie en het al heelwat humor in ons huis tot gevolg gehad). Ek het hierdie kleur opmerking al op meer as een geleentheid gekry. Een van my doelstellings vir die onmiddelike toekoms is om Photoshop se kleurbalansfunksie onder die knie te kry.

At 7:32am on November 1, 2013, Ferdinand van der Merwe said…

Gabriel ek geniet jou fotos die een van die weerlig is wonderlik nie maklik om so n oomblik te vang nie. Ferdi

At 1:59pm on October 24, 2013, Christelle said…

Hete Gabriel - jy het die interessantste fotos!  Almal is vir my besonders mooi!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html