Donald Daniel Jacobs's Comments

Comment Wall (35 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 4:01pm on September 19, 2017, Josef Steyn said…

Dankie Donald vir jou kyk na vandag se litroos. My doel met die foto was om 'n wasige atmosfeer te skep met net die stamper wat skerp is. Die rede waarom ek graag die foto wil oordoen is om te probeer om 'n bietjie meer detail in die wit stamper te kry. Tans gebruik ek 'n 100 mm makrolens en ek kon nog nie daardie spesifieke velddiepte herhaal nie.

At 6:13pm on August 6, 2017, Tina le Grange said…

Donald my foto vandag, 6 Augustus:

Donald baie dankie vir jou mening;  ek moes ongelukkig  'n stukkie afsny;  kyk op volgrootte of dit steeds vir jou pla dan sê jy my - ek is oop vir ander se menings.

At 5:10pm on May 14, 2017, Gerrie Lambrechts said…

Hi Donald die struktuur op my foto, was afskorting wat oor die sand tot teen die pad geloop het om die Weermag gronde van die strand te skei.  Met groot oorstroming paar jaar gelde het dit weggespoel en net daardie deel het oorgebly. Nie eers weer deur die regering herstel nie.  Weet nie eers of die regering weet dat daar weermag grond lê nie. Mens mag nie daarin gaan nie, al is dit nou so oop.  Jy kan agter op die foto die voëls sien wat daar broei. Gelukkig word hulle nie versteur nie.

At 6:55pm on March 23, 2017, Tina le Grange said…

My bamboes-foto:  Donald ek hou van jou voorstel wat 'n groot verskil maak;  baie dankie!

At 5:49pm on February 3, 2017, Tina le Grange said…

Donald, kyk by Karen se foto;  jou kommentaar het etlike kere deurgekom - ek sukkel ook tans weer met aflaai.  

At 12:23pm on January 11, 2017, Josef Steyn said…

Dankie vir die kyk en jou mening Donald. Ek waardeer jou moeite. Die hare se kleur is baie naby aan haar werklike kleur. Haar hare is 'n mooi 'honey blond'. Ek stem saam dat die verskil tussen die twee verwerkings nie groot is nie. Dit wil vir my lyk asof ek die kleurversadiging van my foto's vir FS doeleindes sal moet opstoot.

At 12:47pm on November 28, 2016, Elna Geringer said…

Donald, om manual te gebruik vir die geveerdes gaan nie lekker werk nie.Sit jou kamera op AV mode vir bewegende dinge. Ek stel my f-stop gewoonlik na f/8 toe, stoot die ISO bietjie op omdat ek dan met vry hand neem. As ek die foto vanaf my 3-poot neem, sit ek ISO laer en maak die f-stop 4.8 of 5.6

Onthou op AV mode, het jy beheer oor die DOF en ISO,die kamera sal spoed beheer. Skreeu maar as ek kan help. Groete Elna

At 5:51pm on August 11, 2016, Riaan said…

hallo Donald, jy't gevra watter lens en F-verstellings gebruik is met die ligene foto. geen nie hoor want dis met my selfoon geneem, hy het 'n 41MP sensor so ek kan lekker crop sonder om te pixelate

groetnis

Riaan

At 5:50pm on June 28, 2016, Doretha Kock said…

Plesier Donald. Dit is nogal 'n interessante proses. Die rou stene kom tussen die mure en 'n laag gebakte stene bo-op en word dan gesmeer met klei om te seël. Die rou stene het "duff" (fyn steenkool) in.

At 4:59pm on June 28, 2016, Doretha Kock said…

Hallo Donald. My foto is van die steenoonde wat aan die brand gesteek word. Daar word net eenmaal 'n "fire box" gebou en aan die brand gesteek. Daarna brand die oonde aanhoudend en gaan van die een kant na die ander kant. Hulle pak die hele tyd in en uit. Groot waaiers blaas en trek die lug deur.

At 4:54pm on June 28, 2016, Doretha Kock said…

At 3:57pm on March 2, 2016, Liz said…

Hi Donald,

 

CNP - Chobe National Park - Botswana

 

Groetnis

At 9:36pm on December 1, 2015, Tina le Grange said…

My kragdrade foto:  Ek sien wat bedoel want dan sal ek meer eenvoud kry;  dankie Donald vir jou voorstel.

At 10:40am on October 13, 2015, Willie Schoombee said…

Donald baie dankie en ek sal bietjie kyk waarna jy verwys, nie heeltemal seker nie. Soos ek gesê het ek het in jou geweste grootgeword. My Grootjie het by Schoombee geboer en dit is waar die naam vandaan kom, dink daar is vandag nognet ñ spoorweghalte. Goeie wêreld daardie. Hulle het toe van daar na Burgersdorp getrek en verder daar geboer. My een Oom het in Cradock distrik geboer. Ek het in Burgersdorp opgegroei en daar gematrikuleer. Geniet jou dag verder!!

At 11:41am on September 12, 2015, Riaan said…

Donald die prooi van die duiker op die foto's wat Carl geplaas het is die varswater "pipefish". gedink ek sal jou so op die sideline laat weet anders lyk dit so beterweterig as ek dit op die kommentaar by die foto plaas. leke naweek mater

At 4:55pm on August 23, 2015, Tina le Grange said…

Donald baie dankie vir die inligting oor die muisvoël

At 12:00pm on November 17, 2014, Magda vd Merwe said…

Hi Donald, ek waardeer ook jou  kommentare en het ook al baie by jou geleer, dankie dat jy ook altyd kommentaar lewer want daar is so min wat dit doen. Dit is lekker om fotos te neem en te plaas en so ander mense ontmoet wat dieselfde liefde het.

At 10:27am on August 14, 2014, lizette ludeke coetzer said…

Baie dankie..

At 8:15am on May 22, 2014, Josef Steyn said…

Donald, oor Madeleine en haar Boetie. Ek het gaan kyk na die oorspronklike. Ek het net in LIghtroom geredigeer en ek kon dus maklik die ongeredigeerde foto herroep. Hulle het in die skaduwee gestaan en ek vermoed ek het 'spot metering' gebruik om lig te meet. Jy sal merk hulle wys geen skaduwees nie. Omdat hulle in die skaduwee gestaan het, het Elliot se pet omtrent geen skaduwee oor die gesig gegooi nie. Met redigering het ek net die beligting van die hele toneel met 0.24 stops verhoog en toe met Lighroom se 'adjustment brush' die agtergrond selekteer en donkerder gemaak. Verder het ek vibrance en clarity opgestoot, kleurversadiging so 'n klein bietjie opgestoot, gesharpen en gecrop.

Dankie vir jou vraag en oplettendheid. Jy is altyd welkom om te vra en hou in gedagte dat ek graag kritiek hoor. Ek sal nooit aanstoot neem nie want uit ander se kritiek leer mens altyd iets.

At 8:23pm on April 28, 2014, Josef Steyn said…

Donald. Ek moet jou gerus stel Die kind was nie regtig daar nie. Ek het haar daar ge-Photoshop. Ek kry self sommer koue rillings as ek dink dat dit regtig moes gebeur het. Dankie vir jou opmerking. Dit wys jy gee om.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html