Josef Steyn's Comments

Comment Wall (136 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 12:29pm on November 17, 2017, Rika Schoeman said…

Josef, baie dankie vir die verduideliking!

Ek het dit probeer, maar nou wonder ek oor die volgende:

Eerstens, het jy die blommetjies op 'n plat oppervlak neergesit, of was hulle verwyder van die agtergrond?

Tweedens, as jy praat van fokus op elkeen, kan my kamera slegs met een "kolletjie" of "point selection" fokus, en dus fokus dit nie op 'n hele blom nie, maar slegs op 'm spesifieke punt van die blom. Indien al die point selection kolletjies fokus, sal ek my kamera moet verskuif na die tweede blom. En dit mag nie gebeur nie. Ek hoop ek maak sin?

Dankie vir jou terugvoer tot sover. Ek waardeer dit.

At 5:47pm on November 16, 2017, Rika Schoeman said…

Josef, baie dankie vir die uiteensetting van hoe jy die foto geneem het!

Ek verwys na bl 195, Foto 313 in jul boek "Digitale fotografie" (ou weergawe) rakende "focus stacking" As ek kyk na die foto, weet ek nie of jy die blommetjies klaar in die volgorde geplaas het en toe net op elkeen apart gefokus het, en of jy elke blommetjie apart gefotografeer het en toe saamgevoeg het met focus stacking nie. As jy dit apart fotografeer, hoe bepaal mens die plasing? Verstaan ek die proses heeltemal verkeerd?

At 5:57pm on November 15, 2017, Anita du Toit said…

Hallo Josef, ek het so 3 weke terug 'n foto geplaas van ons volmaan foto's met 'n onderskrif vir jou. Ek dink nie jy het dit gesien nie. 

At 4:16pm on November 8, 2017, Willie Schoombee said…

Dankie Josef, ek het maar net gewonder, maar dit is steeds ñ pragtige foto wat jy goed uitgevoer het. Wens ek kan weer ñ draai by jou kom maak ek glo daar is nog baie om te sien, ongelukkig sal dit nie nou gou kan gebeur nie. Mooi bly en groete vir Elsa.

At 3:04pm on October 17, 2017, Albertyn Potgieter said…

Jy sal my baie lus maak om te kom kuier, maar gaan ongelukkig al klaar eerskomende naweek saam pêlle kamp by die Bedford Tuinskou! Geniet die onverwagse bonus aan julle kant!

At 8:32pm on September 19, 2017, Johan Ayres said…

Ja, nee Josef, ek verstaan dit ook soos jy sê, daarom het ek begin deur te sê 'n " mens sal dit waarskynlik nie doen nie, maar ..." Ek dink ook eerder die blommetjies moet af hang, hoop jy het my kommentaar so verstaan.

At 5:53pm on September 19, 2017, Tina le Grange said…

Coenie se luiperf-foto:  

Baie dankie aan julle almal wat na Coenie se luiperd kom kyk het en vir julle kommentaar.

Goeie wenk Hennie en Josef;  ons sal in die toekoms só maak

At 6:45pm on August 17, 2017, JJ said…

Nou maak dit sin! Dankie Josef.

At 6:49pm on August 10, 2017, Riaan said…

dankie vir die vinnige lekker klets en jou add as friend, ek leer so baie by jou en Hennie

At 6:30pm on August 5, 2017, Tina le Grange said…

Baie dankie Josef;  by nadenke het ek ook so gevoel.

At 3:10pm on August 4, 2017, Tina le Grange said…

My foto 2 sebras:  

Baie dankie Josef;  ek het gewonder of ek 'n fyn swart raampie moes omsit of is dit reg dat die wit bo in geheel wit is, m.a.w. sonder 'n swart raampie?

At 7:41pm on July 29, 2017, Tina le Grange said…

My tweeling:  Baie dankie Josef en Hennie;  julle wat ons so leer.

At 5:11pm on June 29, 2017, Tina le Grange said…

My kruis foto van vandag:

Baie dankie Gabriël, Josef, Hennie en Tersia

Josef ek was verras om die duifie te sien toe ek die foto aflaai :-)

At 7:36pm on June 22, 2017, Anita du Toit said…

Die regte spelling van die enigste dam met die naam is Theewaterskloofdam Josef

At 8:34pm on May 22, 2017, Tina le Grange said…

My bootreis-advertensie:

Baie dankie Josef vir jou mening;  moet die vrugte links onder aan die weerkaatsing raak met die bottel wat dan outomaties nader aan die boot kom?

At 8:58pm on April 24, 2017, Tina le Grange said…

Josef,dankie vir jou nota;   jy het vir my 'n lekker uitdaging gegee en ek gaan dit tog probeer.  Ek was verbaas vir dit wat ek wel reggekry het met my beperkte kennis van Photoshop.   Ek dink ek moet vir my 'n 'butler' en 'n paar huishulpe aanstel sodat ek net op die lekker van fotografie kan konsentreer   :-)   rustige nagrus vir julle.  Groete ook van Coenie.

At 5:46pm on April 24, 2017, Tina le Grange said…

My Wenen-gebou-foto:

Ek probeer sommer om 'n tema van herhalings te doen

Josef baie dankie vir jou wenk oor die linker pilaar.  Ek sal probeer;  met 'n toergroep is 'n mens mos altyd haastig;  net mik en druk en dan na die tyd die verwerkings doen wat so baie tyd neem.  Nietemin, ek waardeer jou hulp.

At 6:23pm on March 12, 2017, Tina le Grange said…

My foto van die sonsak;

Josef dankie dat jy die 'lae-lig-foto' uitwys.  Ek het gesien die info op die histogram is vir low-key nie heeltemal teen die histogram se linkerkant nie.

Dit help my baie.

At 6:42pm on March 8, 2017, Tina le Grange said…

Josef, my low key foto van vandag:

Bedoel jy ek moet by die boonste foto of die onderste foto "net bo die onderste bak afsny"  ?

At 8:14pm on March 5, 2017, gabriel parsons said…

Jammer Josef ek het agter na gedink dat  jy miskien tot die gevolgtrekking kon kom dat ek jou foto kritiseer dit was nie so nie. Ek sal normaalweg in sulke lig situasies waar die lig redelik helder is, n kleiner fstop gebruik. Dit is egter debateerbaar of dit reg is aldaar nie.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html