Josef Steyn's Comments

Comment Wall (154 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 2:06pm on July 12, 2018, Tersia Weitsz said…

Dankie Josef, ek waardeer jou antwoord

At 7:45pm on May 24, 2018, Johan Ayres said…

Baie dankie Josef. Noudat ek die "perspektieffoto" gesien het, verstaan ek, dit het my vermoedens bevestig.

At 6:57pm on May 24, 2018, Tina le Grange said…

Hallo Josef, ek lees nou jou nota oor die Vallei van Verlatenheid. Ek sien dat ekself ook by my foto van gister dieselfde opskrif gebruik het en weinig van die 'verlatenheid' gewys het.  In spreektaal is 'n mens dalk geneig om die hele omgewing so te noem.  Vir interessantheid het ek ook na foto's op internet onder die opskrif gekyk en by sommige foto's is ook net rotse. Baie dankie dat jy dit uitgewys het.  Ek het nie nou tyd nie maar wil tog verder op internet kyk wat die rots-area genoem word. So is ons nooit te oud om te leer nie  :-) Groete.

At 6:16pm on May 24, 2018, Riaan said…

hey Josef jy't onmiddelik al my aandag gehad toe jy die SR71 noem. ek neem aan jy weet so biki meer as die res as jy van hom praat, maar ek't gewonder of jy bekend is met die A-12R Double Head en die YF 12A Interceptor? Laasgenoemde is sekerlik bo-aan my gunsteling lys van alle vliegtuie. As jy hulle nie ken laat weet dan stuur ek per mail vijou hulle sal jou ook die ritteltits gee

At 9:27pm on April 23, 2018, Tina le Grange said…

Baie dankie Gabriël, Rika, Pierre, Pieter en Josef vir julle wenke en menings;  dit help my baie.

At 7:41pm on April 11, 2018, Elizma Fourie said…

Dankie Josef, maar daardie vooruit beplanning het ek nie, altyd haastig en geen beplanning. Ek weet nou al ek sal die kamera en alles opstel en voordat dit tyd is om af te neem sal ek al weer iets anders in die oog hê. Ek sal dit bietjie in die kgalagadi gaan toets, daar is darem seker nie iemand wat die kamera sal steel terwyl ek wag nie.

At 4:01pm on April 10, 2018, Anita du Toit said…

Dankie vir jou antwoord Josef.

At 10:45pm on April 3, 2018, Susan said…

Dankie Josef vir jou antwoord op my vraag by jou Belladonna blom.

At 4:02pm on March 28, 2018, Tina le Grange said…

"Close up"  :  Josef baie dankie vir jou mening wat jy in detail aan Elizma geskryf het.

At 8:45pm on March 27, 2018, Elizma Fourie said…

Dankie Josef, ons het net nou die dag by ons klub gevra wanneer is dit makro en wanneer is dit close-up. Ek het sommer gesê makro is skerper, so sal jy bv. die blokkies in 'n oog sien, wat jy nie met 'n close-up sal sien nie. Maar met die wat jy sê as die objek kleiner as jou sensor is, is dit 'n makro, en groter as die sensor 'n close-up maak sin. Ons "set-subject" is reeds "small creatures" vir die maand, so ek gaan net stem vir die mense wat se onderwerp kleiner as hulle sensor was. Hahaha. Weereens dankie

At 1:27pm on March 21, 2018, Tina le Grange said…

My RUM-foto:  Josef, Coenie meen dat as dit deur al die meganiese prosesse gekom het (dit is dan in die vorm van mos, soos by druiwe).  Daarna word dit finaal gesuiwer en gebottel.

At 10:55am on March 21, 2018, Tina le Grange said…

Josef my sonsondergang-foto van gister: baie dankie dat jy genoem het dat jy die boonste foto verkies. Die onderste foto se lug was vir my onnatuurlik

At 6:01pm on March 18, 2018, Riaan said…

Josef dankie vir jou opmerking en ek vermoed baie sterk dat dit so sal gebeur en sal graag die winter so 'n tog te perd aanpak. Jackie, my liefste vrou, wat baie lank in Oos Londen woonagtig was sal my hopelik vergesel, maar vorlopig baie dki vriend

At 12:09am on March 11, 2018, Riaan said…

sjoe dankie vir die kompliment Josef, ek waardeer regtig. wens net ek het meer tyd tussen my werk en te veel ander stokperdjies gehad om meer by fotografie uit te kom. party stokperdjies verskil net soveel van mekaar dat ek sukkel om my meer as een op 'n naweek uit te kom, maar nouja my oë is dikwels groter as my maag. ek leer so baie by jou, Hennie en die ander FS +'s dat ek meer daarvan wil maak

At 2:13pm on March 10, 2018, Riaan said…

hey Josef, dankie vir die kommentaar op die blaar met die rooi-pienk are. dis 'n Caladium en spesifiek die Summer Breeze of White variant. hulle kom oorspronlik van Brazilië en van die oorspronklike paar spesies is daar vandag byna 2000 variëteite wat in basies twee groepe verdeel word nl. die "Fancy leafed Caladiums" (by verre die mooiste met hulle byna hartvormige blare en die "Lance leaf Caladiums" wat langer, dunner blare het. my foto is van die "Fancy leaf" tipe. hulle word vanweë die pragtige blare, en nie die blomme, as sierplante aangewend aangesien die blomme kleinerig en meesal witterig is.

At 9:03pm on February 5, 2018, Tina le Grange said…

My maan-foto:  Dine en Josef; gelukkig het Maart ook weer 2 volmane en as die lug oopgetrek is en die tye nie in die middel van die nag is nie, sal ek julle wenke probeer. Nogmaals dankie.

At 2:35pm on January 16, 2018, Magda vd Merwe said…

Dankie vir jou antwoord Josef.

Sien nou die humor in die foto, dit word maar net altyd gesê

dat n foto nie besig moet wees nie.

So as n mens die hele storie in n foto wil vertel, kan dit maar bietjie besig wees en dit werk vir my. Dankie Josef het weer iets geleer.

Groete Magda.

At 7:04am on November 27, 2017, Leandré said…
Baie dankie. Ek moet nou eers leer hoe werk die dinge hier. Ook nog baie nuut tot fotografie, maar ek hoop om baie te leer hier.
At 5:23pm on November 24, 2017, Riaan said…

wow Josef jy deksels skerp met die "heilige" vissie. ek het die verduideliking briljant gevind en dankie vir jou moeite om dit so insiggewend te verduidelik. leke naweek vijou

At 12:29pm on November 17, 2017, Rika Schoeman said…

Josef, baie dankie vir die verduideliking!

Ek het dit probeer, maar nou wonder ek oor die volgende:

Eerstens, het jy die blommetjies op 'n plat oppervlak neergesit, of was hulle verwyder van die agtergrond?

Tweedens, as jy praat van fokus op elkeen, kan my kamera slegs met een "kolletjie" of "point selection" fokus, en dus fokus dit nie op 'n hele blom nie, maar slegs op 'm spesifieke punt van die blom. Indien al die point selection kolletjies fokus, sal ek my kamera moet verskuif na die tweede blom. En dit mag nie gebeur nie. Ek hoop ek maak sin?

Dankie vir jou terugvoer tot sover. Ek waardeer dit.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html