Josef Steyn's Comments

Comment Wall (138 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 6:57pm on March 11, 2016, Riaan said…

Hallo Josef en dankie vir jou navraag oor die struktuurtjies in my Intertidal Zone foto. Oeee daars so baie om te sê maar ek sal baie kortliks probeer. Die strukture op die foto is eintlik seediere wat vir hulleself hierdie tonneltjies(van klippies en baie klein stukkies skulp) bou waarin hulle permanent woon en waarvandaan hulle vreet. Hierdie strukture bedek later hele rotse en is soms baie hard sodat mens nie eintlik kaalvoet daaop kan loop. Hulle verlaat nooit die tonnel en uiteindelik word dit 'n hele kolonie, amper soos koraal. Die diere is sonder 'n skelet en meesal wurmagtig in voorkoms en leef van voedseldeeltjies wat in die water dryf. Die term Intertidal Zone verwys maar net na die verskillende sigbare "lae" wat teen en op rotse bv. voorkom wat tydens verskillende stadia van getye binne of buite die water is en hierdie is baie gespesialiseerde sones met hulle eie unieke diere en plantelewe wat wonderlik interssant aangepas is. Ek gaan nou eers nie verder want dan hou ek nooit op nie. Indien jy meer wil weet, Mnr Google sal jou in detail verder bemagtig

At 11:02am on February 16, 2016, Jackie said…

jackie kemp jy het gevra of dit die een is wat ons ken dit is die een wat ons ken ek was self daar in desember 2015

At 10:01am on February 3, 2016, Pierre Hardinge said…

Josef sorry man maar ek dink dan het ek nie die onderskrif noukeurig gelees nie... Ek besef nou dat jy wel so genoe het. Jou verduideliking is baie mooi uit een gesit. 

At 6:32pm on February 2, 2016, Magda vd Merwe said…

Hi Josef, ek het vir jou die gekleurde prentjie van my flamink geplaas.

Dankie vir jou kyk.

At 4:24pm on January 29, 2016, Tina le Grange said…

Baie dankie Pierre, Josef en Hennie

Julle help voorwaar dat 'n mens nie moed verloor nie.

Ek het ook van die eenvoud en herhaling  gehou alhoewel ek besef het dat die fokus nie skerp genoeg is nie.  Nogmaals baie dankie.

At 9:30pm on January 25, 2016, Tina le Grange said…

Baie dankie Josef vir jou verduideliking en dat jy my herinner aan Hennie se daylight-wenk.

Wat 'n voorreg om by julle te kan leer.

At 9:19pm on January 25, 2016, Tina le Grange said…

Hallo Josef, lees asseblief my nota by my Sonsak-foto van vandag. Dankie ook dat jy uitgewys het dat ek reg was om die foto om te draai.

At 11:40am on January 25, 2016, Magda vd Merwe said…

Baie dankie Josef, waardeer dit.

At 10:30am on January 15, 2016, Magda vd Merwe said…

Baie dankie Josef.

At 4:17pm on January 14, 2016, Magda vd Merwe said…

Hallo Josef, baie dankie vir jou mooi komplemente op my reeks.

Antwoord jou op die Edelvalk se kleur. Ek het mooi gekyk in die boek, die kleur op sy kop is reg, volgens die boek is die bors kleur bietjie ligter as die van my foto. Nie baie uit nie, dit kan dalk die son wees, die foto is 11uur die oggend geneem, en hier was hy baie naby my, maar as ek mooi kyk na my foto, is die kleur nie ver uit nie. Waarmee jy my dalk kan help, is dit moontlik dat die son n foto se kleur kan verander, sal mooi daarna kyk in die toekoms. Dankie Josef, hoor graag van jou.

At 5:47pm on January 13, 2016, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Josef, hoop ons sien nog baie van jou voortreflike foto's

At 9:44pm on November 29, 2015, Pierre Hardinge said…

Hi daar Josef....  Epos is as volg....  pierrehardinge@outlook.com ....wag om van jou te hoor

At 9:37pm on November 20, 2015, Tina le Grange said…

Josef, baie dankie vir jou kommentaar en wenk op my Sonstrale-foto.

Ek is ietwat onseker hoe jy die tweede foto sien.

Jy is welkom om die verwerking te doen en by my foto te plaas;  ek sal graag wil sien wat jy bedoel.  Baie dankie.

At 12:39pm on November 11, 2015, Magda vd Merwe said…

Baie dankie dat jy my geantwoord het Josef. En jy is reg, oor die 1/3 waar die paal geplaas is. Dankie vir jou verduideliking, nou verstaan ek jou foto in geheel. En die paal pas dan in die foto, dit maak dit n mooi gebalseerde foto. En weereens dis n pragtige foto, en soos iemand gese het, ek reis lekker saam met julle. Groete

At 4:58pm on September 11, 2015, Schalk Burger said…

Hallo Josef

Ek het gister vir jou `n e-pos na superphoto7@gmail.com gestuur met bewys van betaling vir die e-boek.

My e-posadres is 444eko@gmail.com en ek wil asseblief die Afrikaanse weergawe hê.

Groete

Schalk

At 4:39pm on August 27, 2015, Tina le Grange said…

Baie dankie Josef vir die inligting oor die agtergrond van die Fuchcias;  so leer ek weer eens by jou.

At 9:12pm on July 9, 2015, Riaan said…

Hallo Josef, jyt gesê jy hou van kleurvolle foto's. Ekt hierdie een by 'n padstalletjie in die Kaap gesien waar allerlei kunsgoeters uitgestal word. Ek kan hom nie plaas waar almal hom kan sien, vertrou jy vind hom nie te afstootlik

At 8:41am on July 8, 2015, Engela Johanna Magrietha Britz ( said…

Josef, dit was ongeveer 1986. Ons het oorlewingskursusse gegee in die Laeveld (Jock of the Bushveld-roete, waar daar (ook?) 'n Bridal-waterval is.)

Ons het, nadat die kindertjies veilig teruggestuur is na hul ouerhuise (die oorlewingskursus was buite Hoedspruit), die Jock of the Bushveld, asook ander roetes in die omgewing gestap.

Die betrokke lede was nou betrokke by die Fauna en Flora en ons het ook daar vir hulle "gehelp"............ of hul nou gewapen was as deel van hul werk, of sommer persoonlike redes, kan ek regtig nie beweer nie.

Feit is, ek het baie veilig gevoel. Het soveel wonderlike fotos geneem - alles nou iewers in een of ander persoon se besit. Van die fotos is juis van die stalking. Wanneer ons geloop het, het hy geloop - wanneer ons stil gestaan het, het hy stil gestaan. Die hele tyd sowat 20 tree van ons af, tussen die bome beweeg.

Ons het ook watermonsters geneem (ooral in de Blyderivier se omgewing) van veral die strome waar die Tufawatervalle is (was?).

Slange gevang en gemelk en die monsters Onderstepoort toe gebring.

Wonderlike ervarings met goeie herhinneringe.

At 4:04pm on July 1, 2015, Anne Marais said…

Hi Josef. Ek dink ek het die wa bietjie voor die perde gespan. Ek beplan om binne die volgende paar maande 'n kamera te koop. Ek kan egter nie die duurste koop nie. Ek sal beslis julle boek in gedagte hou. Ek oorweeg ook om 'n kursus te doen. Jammer ek reageer nou eers. Ek was toe onder werk.

At 2:00pm on June 30, 2015, Willie Schoombee said…

Middag Josef, Jammer dat ek nou eers reageer. Baie dankie vir jou pragtige kompliment ek waardeer dit opreg. Ons land bied ongelooflike Landskappe as mens net altyd op die regte oomblik op die regte plek kan wees. Ek wil jou darem ook komplimenteer. Uitstekende werk wat jy oplaai. Veral die een vanm die Woudpapegaai baie waardeer. Mooi middag verder en laat die sluiters werk!

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html