Dankie vir jou kyk en kommentaar Magda. Altyd goed om verskillende menings te hoor. Ek het weer gedink daar is dalk te min blaartjies op die grond. Dit is nie 'n ateljeefoto nie en ek wou graag die toneel so natuurlik moontlik hou. Boonop sou 'n mens kon verwag dat daar in 'n draak se grot in die woud, blare op die grond sou lê. (Ek wonder hoeka hoe dikwels drake huis skoonmaak.) Ek het nog 'n ander een waar hy op 'n ander plek tussen 'n klomp blare staan. Miskien plaas ek dit eendag. Laastens was dit maar 'n speel-foto. Sit dus maar jou humor bril op en kyk weer daarna.
Magda en Dine, my see-foto: Magda, net soos Dine sê, was my bedoeling om die brander te probeer vries vandaar die 1/2500 sek, en het ek toe die ISO hoër gestel en ek wou probeer om die fokus van voor tot agter in fokus te kry. Met hierdie pogings het ek nog baie om te leer. Teen 4 nm was daar skadu a.g.v. geboue en die lig al aan die afneem.
My wasgoed-foto: Baie dankie Magda en Riaan vir julle wenk; ek het geweet ek moet die paaltjies en draadjie uithaal, maar was bietjie lui............... :-)
Baie dankie Magda vir jou wenk; ek het vooraf die kontras verhoog asook die kleurversadiging op Photoshop. Ek was versigtig vir té veel. Ek kry die indruk dat kleur op verskillende rekenaarskerms verskil.
Nietemin is ek bly jy het die wenk gegee. Groete en lekker naweek.
ek's nie naastenby op datum met voëls nie daarom vra ek jou hier weg waar die ander nie kan sien. is die onvolwasse Rooivlerk laksman ook die Rooivlerk Tjagra anders pleit ek bewusteloos en dan moet jy reghelp seblief tog Magda. jou foto's van voëls is regtig awesome hoor
Hallo Magda. Regtig jammer dat jul so 'n negatiewe ervaring gehad het. Dink dit was heel onnodig van haar, want vriendelikheid kos niks. As jy weer jou "comments" lees, sal jy sien ek het genoem, dat ek dink hulle is slegs op Sondae oop.
Hallo Magda. Die Society of Model Engineers het 'n FB blad. Kyk gerus. Hulle is by Meerpark, straat is Kwikkie Crescent, Centurion. Dis oorkant die Outsurance gebou. Daar is watervoëls en ons het tydens die treinrit ook kiewiete met kleintjies gesien. Dink hulle is net Sondae oop en toegang is gratis. Treinrit net R10 per persoon. Dit is regtig pragtig daar.
Magda vd Merwe's Comments
Comment Wall (53 comments)
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool
Dankie vir daai inligting. Ek het net n 75-300 lens...en maar min geleentheid vir voerls afneem...maar sou graag wil begin
Baie dankie Magda vir die kamera-inligting.
Wat vir jou in die Kaap :-)
Baie geluk met jou verjaarsdag Magda. . mag dit vir jou 'n heerlike bederfdag tussen jou geliefdes wees!
Dankie vir jou kyk en kommentaar Magda. Altyd goed om verskillende menings te hoor. Ek het weer gedink daar is dalk te min blaartjies op die grond. Dit is nie 'n ateljeefoto nie en ek wou graag die toneel so natuurlik moontlik hou. Boonop sou 'n mens kon verwag dat daar in 'n draak se grot in die woud, blare op die grond sou lê. (Ek wonder hoeka hoe dikwels drake huis skoonmaak.) Ek het nog 'n ander een waar hy op 'n ander plek tussen 'n klomp blare staan. Miskien plaas ek dit eendag. Laastens was dit maar 'n speel-foto. Sit dus maar jou humor bril op en kyk weer daarna.
Dankie Magda; nogal 'n foto met 'n onbekende storie. Ek leer graag by jou.
En, ja lekker om terug te wees.
Groete en mooi aand vir julle.
Magda, dankie vir jou reaksie op my vraag. Kan jy asb vir my jou e-pos adres stuur?
Magda, ek weet nie of net jy hierdie boodskap kan sien, of almal met wie jy vriende is nie. Kan jy my help asseblief?
Magda en Dine, my see-foto: Magda, net soos Dine sê, was my bedoeling om die brander te probeer vries vandaar die 1/2500 sek, en het ek toe die ISO hoër gestel en ek wou probeer om die fokus van voor tot agter in fokus te kry. Met hierdie pogings het ek nog baie om te leer. Teen 4 nm was daar skadu a.g.v. geboue en die lig al aan die afneem.
My wasgoed-foto: Baie dankie Magda en Riaan vir julle wenk; ek het geweet ek moet die paaltjies en draadjie uithaal, maar was bietjie lui............... :-)
My see-foto: Dankie Magda vir jou wenk; my Powershot se hoogste f/-stop is 8 maar ek sal dit onthou wanneer ek die Nikon gebruik.
Baie geluk met jou verjaarsdag Magda. Goeie wense vir jou die jaar.
Magda, mag hierdie dag vir jou vol vreugde wees en jou nuwe lewensjaar gevul wees met goeie gesondheid en emmersvol foto-geleenthede.
Magda, baie geluk met jou verjaardag en mag jy 'n mooi jaar hê.
My klipmuur-foto van vandag:
Baie dankie Magda vir jou wenk; ek het vooraf die kontras verhoog asook die kleurversadiging op Photoshop. Ek was versigtig vir té veel. Ek kry die indruk dat kleur op verskillende rekenaarskerms verskil.
Nietemin is ek bly jy het die wenk gegee. Groete en lekker naweek.
Hi Riaan
Dit is inderdaad so, dit het my die hele naweek geneem om die outjie te kon vasvang
Ek het seker so vyf meter van hom af stil agter n boom gestaan toe die twee daar op die gras kom kos soek
Ek was baie gelukkig
ek's nie naastenby op datum met voëls nie daarom vra ek jou hier weg waar die ander nie kan sien. is die onvolwasse Rooivlerk laksman ook die Rooivlerk Tjagra anders pleit ek bewusteloos en dan moet jy reghelp seblief tog Magda. jou foto's van voëls is regtig awesome hoor
Hallo Magda, baie dankie vir jou hulp met die wit blomme.
Dierbaar van jou om my te help.
Dankie baie!
Hallo Magda. Regtig jammer dat jul so 'n negatiewe ervaring gehad het. Dink dit was heel onnodig van haar, want vriendelikheid kos niks. As jy weer jou "comments" lees, sal jy sien ek het genoem, dat ek dink hulle is slegs op Sondae oop.
Hallo Magda, in die nota wat 'verdwyn' het, het ek vir jou die storie agter die 'versnipperde' boom vertel :-)
Hallo Magda. Die Society of Model Engineers het 'n FB blad. Kyk gerus. Hulle is by Meerpark, straat is Kwikkie Crescent, Centurion. Dis oorkant die Outsurance gebou. Daar is watervoëls en ons het tydens die treinrit ook kiewiete met kleintjies gesien. Dink hulle is net Sondae oop en toegang is gratis. Treinrit net R10 per persoon. Dit is regtig pragtig daar.
Welcome to
Fotoskool
Sign Up
or Sign In
Or sign in with: