Albertyn Potgieter's Comments

Comment Wall (23 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 6:15pm on May 15, 2018, Tina le Grange said…

Albertyn, jy is reg, daar is nogal heelwat afslag-geleenthede vir 60-plussers.  Voordeel om ouer te raak  :-)

At 3:55pm on May 12, 2018, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Albertyn, hoop jy is alreeds bederf en dat dit net sal aangaan en aangaan :-) en jy sommer nog baaie van jou mooi foto's vir ons sal wys!

At 7:28pm on May 11, 2018, Tina le Grange said…

Albertyn veels geluk met jou verjaardag. Mag dit 'n heerlike bederfdag wees en jou nuwe lewensjaar gevul wees met báie foto-geleenthede.

At 2:54pm on October 17, 2017, Josef Steyn said…

Albertyn, ons het nogal 'n sterk sneeuval gehad. Nie die meeste wat ek al hier gesien het nie maar tog betekenisvol. Ons het ook baie reen gehad en die watervalle loop sterk. 'n Goeie tyd om te kom kuier.

At 11:28am on May 12, 2017, Tina le Grange said…

Hallo Albertyn,  Kaapse wense vir 'n heerlike bederf-verjaardag;  mag jou nuwe lewensjaar gevul wees met goeie gesondheid en baie vreugde

At 4:51pm on July 26, 2016, Tina le Grange said…

Albertyn ek het probeer om die groot vragmotor se voorste venster ligter te maak met Photoshop maar dit wou nie werk nie.

Ek dink dit is omdat die voorruit donker ge-tint is.

Nietemin dankie vir jou wenk.

Lekker om bymekaar te leer

At 6:30pm on July 14, 2016, Tina le Grange said…

Oom Ollie se weerkaatsing:  Albertyn ek is te alle tye oop vir wenke en sien dit nooit as negatief nie.  Baie dankie dus vir jou kommentaar. Ek leer graag.

At 8:48am on May 12, 2016, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Albertyn!! Ons mis jou gereelde bydraes op FS!

At 12:16pm on August 20, 2015, Magda vd Merwe said…

Baie dankie Albertyn, waardeer jou moeite om terug te antwoord, dis net ek mis die ou gesigte en dis lekker om kommetare te kry op n mens se foto's. Sterkte met die werk, geniet die blomme en laai mooi foto's.

Groete Magda.

At 8:12pm on May 12, 2015, Tina le Grange said…

Albertyn, veels geluk met jou verjaardag.  Ek bid ons Heer se seën oor jou vir die nuwe lewensjaar.

Jy is 'n aanwins vir Fotoskool.  Ek leer baie by jou.

Groete, Tina 

At 1:39pm on May 12, 2015, Gerrie Lambrechts said…

Veels geluk met jou verjaarsdag, mag daar nog vele meer wees saam met jou gesin. Dankie vir jou insette op ons foto's. Geniet jou dag.

At 12:35pm on May 12, 2015, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Albertyn.. hoop jy het 'n wonderlike dag en spesiale nuwe lewensjaar met baie reise en foto's!

At 7:27am on February 6, 2015, Josef Steyn said…

Alberyn, eerstens baie geluk met jou olifantfoto. Dit is pragtig raakgesien en het tot 'n unieke foto gelei!! Die insekkie het ek wel uit die hand geskiet en ek dink ek was gelukkig om die foto te kry. Ek is nie baie goed om so-iets uit die hand te skiet nie. Gelukkig was die blommetjies op 'n laer vlak as wat ek was en kon ek op my kniee staan en die kamera goed stut. Het ook 'n hele paar foto's geneem. Die grootste probleem was om die fokuspunt lank genoeg op die bytjie te hou sodat ek fokus kon kry.

At 11:57am on January 28, 2015, Anita du Toit said…

Hi Albertyn.. Frans van Heerden wil met jou in aanraking kom, volg dit asb op met jou telefoon nr of met Inbox of by private langs Main Room.

At 7:55am on November 14, 2014, ArrA said…

Albertyn, in die proses om 'n grappie te maak oor jou kommentaar ivm die groen sakkie, het ek dit verloor. Asseblief, dit was verseker nie so bedoel nie. Plaas asseblief weer jou kommentaar. Ons waardeer altyd kritiek.

At 7:05am on November 10, 2014, Engela Johanna Magrietha Britz ( said…

More Albertyn,

Dankie vir jou positiewe kommentare - dit word waardeer!

Die vorige foto (modderpad) is op 1 November geplaas - toe reeds in wording vir die huidige "kunswerk".

Gaan goud en gaan groot!

At 9:57am on October 21, 2014, Anet Potgieter said…
Ek het jare gelede n kursus gedoen by INTEC maar dit was film. Was bietjie af. My man oorlede nou al 22 mnde en ja bevoorreg om rond te ry. Afgetree se hul. Ouma van 6 kleinkindrs al. Mooi dag. Gooi jou raad.
At 9:45am on October 21, 2014, Anet Potgieter said…
Sorry ekt op APERTURE mode geneem. Dankie vir jou raad. Jy professional fotograaf?
At 4:19pm on October 15, 2014, Tina le Grange said…

Baie, baie dankie Albertyn;  soos jy kan agterkom, is ek op die leer-fase en vra ek maar baie vrae.  Groete.

At 3:40pm on October 15, 2014, Tina le Grange said…

Baie dankie Albertyn  vir jou moeite;  ek sal dit beslis so probeer.  Die verstellings is nou vir buite, maar sênou ek wil mense binne afneem, almal in fokus, dan sal die ISO seker nog opgestoot moet word?

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html