Willie Schoombee's Comments

Comment Wall (47 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 9:43pm on November 8, 2017, Josef Steyn said…

Alles reg Willie.

At 3:33pm on November 7, 2017, Josef Steyn said…

Dankie vir die kyk na ky maanligfoto Willie. Die lig links is van die dorp se ligte. Ek sou graag nog 'n bietjie na links geskiet het om die sirkel rotse volledig te maak maar dan het ek te doen gekry met uiters steurende ligte. Soos dit is moes ek daardie lig bietjie onder 'n maatemmer wegsteek! Dit was al redelik donker (op 5 Okt. ongeveer 18:00.) toe ek die foto geneem het. Dit was 'n paar dae voor volmaan en die maan was al redelik ver in die weste.

At 6:17pm on October 16, 2017, Riaan said…

hello mater, skuus jy moes nou hierheen kom vir iets wat ek opi hart het. Ivm die foto van die Sulphur skoenlapper net vlg. Jou foto is die van die Common Dotted Border butterfly en nie die Sulphur. Die Sulphur het twee kleure nl. geel (wyfie) en liggroen (mannetjie) en word ook African Migrant of Common Vagrant genoem. Google gerus die Latynse naam Catopsilia florella. Ek hou nie daarvan om iemand op die oop kommentaar op FS reg te help want vir my voel dit so beterweterig en mens word te maklik ge"label" maar ek help jou graag reg in nederigheid.

Groetnis

Riaan 0842522571

At 10:21pm on October 10, 2017, Tina le Grange said…

Baie dankie Gerrie, Willie, Jan en Doretha vir julle kyk, kommentaar en wenke.

Dit help my baie.

At 3:02pm on August 30, 2017, Josef Steyn said…

Dankie vir jou kommentaar Willie. Ek het intussen die vergelyking met gister se foto in die kommentaarboksie geplaas. Kyk na die verbetering in die skaduwee se detail. Ek het nog twee bewerkings wat ek oor die volgende twee dae gaan plaas, elkeen met sy vergelyking. Let op vir hulle

At 5:50pm on June 30, 2017, Tina le Grange said…

my 2 kerk-vensters:

Willie dankie vir dit wat jy uitgewys het n.a.v. die effek van die kleure in die vensters.  

At 8:04pm on May 4, 2017, gabriel parsons said…

Dit is n vooregom jou uitnodiging te aanvaar

At 9:14pm on May 3, 2017, Tina le Grange said…

Willie dankie vir jou kommentaar;  ek deel jou vreugde van die uitvoering in die Wenen Operahuis

At 10:38am on April 27, 2017, Dine Potgieter said…

Welkom Willie - ek geniet jou fotos ook baie en jy laat mens altyd dink. My kamera kry ongelukkig nie op die oomblik soveel oefening as wat ek graag sou wou nie...

At 4:38pm on April 12, 2017, Tina le Grange said…

My vier-druppel-foto:

Willie, Dine en Hennie baie dankie vir julle wenke wat my baie help.  Ek het vergeet om aanvanklik die f-stop aan te dui - dit was f/7.1

At 10:16am on March 27, 2017, Tina le Grange said…

My straattoneel:

Willie en Gabriël  Julle menings help my baie en ek waardeer dit.

Sodra ek die regte toneel kry sal ek met my kamera probeer en dan die verstellings vooraf doen.

At 8:40am on March 23, 2017, Tina le Grange said…

Willie my Onrus natuurtoneel:  baie dankie dat jy kommentaar gelewer het oor die histogram;  dit help my baie.

Ek is net spyt dat die fokus op die riete en gras agter, nie skerp genoeg is nie.

At 5:27pm on March 7, 2017, Tina le Grange said…

My high-key foto:
Baie dankie vir julle almal se kommentaar wat my help. Ek sal spesiaal 'n high key foto neem en dit dan plaas. Gabriel dankie vir jou wenk van "positive or upbeat tone"
Willie hier is die oorspronklike foto se kamera-verstellings:
f/5; 1/200 sek; ISO-160; Fokale lengte 52mm en die exposure bias was - 2 step M.a.w. ek moes hier 'n + syfer gehad het i.p.v. die -2. Is ek reg?

At 1:05pm on February 28, 2017, Tina le Grange said…

My badkamer-foto:  Willie baie dankie vir jou positiewe kommentaar.
Ek het gewonder oor die lig op die raam naaste aan die kamera??

At 11:24am on February 27, 2017, Tina le Grange said…

SONSVERDUISTERING : Baie dankie Willie; ek het op internet gekyk watse verstellings ek moet gebruik.
Ek het toe op manual geneem en toe self die verstellings gedoen soos voorgeskryf
Ja ek het 'n driepoot gebruik.
Ek het self die sluiter gedruk en die wind het sterk gewaai wat beweging kon veroorsaak.
Ongelukkig het ek op daardie oomblik vergeet waar ek die afstandbeheer moes stel maar intussen het ek vir ORMS gebel en nou weet ek vir volgende keer.

At 9:30pm on February 21, 2017, Riaan said…

eish jammer Willie ek sien nou jy vroeg vanoggend boodskap op die chatroom gelaat vir my. ek bly maar altyd oop op die room maar kyk maar min daar en was al klaar weg werk toe teen die tyd dat jy daar was. ai man ons sukkel regtig hier inni Weskaap met die droogte, in menslike terme 'n reuse krisis maar ek weet in ons Vader se oë net 'n wonderwerk weg van Sy Skepperhande en die droogte is verby. my hart breek as ek sien hoe brand dit en vrek alles sonder reën en vir die eerste maal vrek bome in my tuin sonder grondwater. met my gaan dit ok, net op 'n emosionele laagtepunt wat my bietjie aftrek, maar ek vertrou dat Vader my sal genees. dankie vijou belangstelling mater, waardeer regtig

At 2:16pm on February 21, 2017, Tina le Grange said…

My wolk-foto in kleur:

Gerrie en Willie dankie dat julle uitwys dat die kleur in die geval vir julle beter werk as swart en wit. Lekker om te leer.

At 5:09pm on February 20, 2017, Tina le Grange said…

My wolkfoto - swart en wit
Jy is reg Willie, die een oomblik was die wolke so besonders en net 'n tydjie daarna, toe trek die lug toe en het dit 'n klein bietjie gereën

At 10:47am on February 17, 2017, Josef Steyn said…

Hallo Willie, ek het my mooiste herfsfoto's verlede jaar van 12 - 14 Mei geneem. Junie is meeste kleure al weg. Na die kongres is daar 'n paar fotograwe wat ek moet rondwys vir 'n paar dae (2 of 3 dae). As jy saam met hulle hier is sal dit nie 'n probleem wees nie maar daarna sal waarskynlik beter wees vir jou. Karavaanpark: Swallowtail. Frits en Ansie Klaassen 045 962 1317 of Ansie se selfoon 0828008731  e-pos:  info@swallowtail.co.za As jy weer wil skryf, liewer my e-pos: superfoto7@gmail.com

At 2:11pm on January 20, 2017, Riaan said…

Dagsê weer Willie en baie dankie vir jou reaksie op my vraag ivm die kewer. Ek het in my Natuurlewe van SA gaan kyk en jy's heeltemal reg dat die Meloidae familie daar aangedui word as dat hulle die gifstof afskei, die een op die illustrasie is die CMR Bean Beetle maar daar's 'n hele paar kleurvariasies soos jy ook genoem het.

Die foto wat jy geplaas het is egter die Pondo-Pondo Boktor en nie een van eersgenoemde familie nie maar wel van die Cerambycidae familie, Boktorre of Longhorns op Engels, wat nie daardie gif by die pote afskei nie.

Ek hoop nie jy ervaar my as beterweterig nie, daarvoor is ek te veel van 'n introvert. Ek slurp egter enige nuwe inligting oor al wat leef en beef inni gogterwêreld op maar die onthou is nie altyd so waffers nie. Soms onthou die grysstof darem en dis juis wat my opgeval het toe jy praat van die giftige kewer wat ek as Boktor ken en heel onskadelik is. Juis daarom het ek hierdie kwessie op jou "page" gedoen dat dit nie vir die ander vrinne na 'n argument kan lyk nie. Dankie vir die goeie gesindheid waarin ons kon "gesels".

Groetnis en leke naweek

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html