Hennie Cronjé's Comments

Comment Wall (118 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 9:48pm on April 20, 2018, Christa Snyman said…

Baie geluk met jou verjaardag, Hennie. Mag die Here jou ryklik seen in die nuwe lewensjaar. Baie dankie vir jou positiewe en opbouende kommentaar op al die hordes foto's wat jy so gereeld met ons bespreek - waardeer dit baie!

At 3:13pm on April 20, 2018, Tina le Grange said…

My foto; sonnetjie in die middel:

Hennie dankie vir die wenk;  iets van die komposisie het my gepla - dankie dat jy dit uitgewys het.

At 8:51am on April 20, 2018, Gerrie Lambrechts said…

Seënwense en mooi nuwe lewensjaar vol pragtige foto's en baie lesse vir ons wens ek jou toe.  Geniet die dag.

At 8:35am on April 20, 2018, Anita du Toit said…

Baie geluk met jou verjaarsdag Hennie, mag jy 'n wonderlike dag en geseende nuwe lewensjaar he en nog laaaank vir ons gespaar bly dat ons jou nog laaank kan besig hou met ons foto'tjies. Dankie vir al jou geduld en takt met ons :-)

At 4:17pm on March 21, 2018, Tina le Grange said…

Hennie my RUM-foto:  'n bietjie RUM in 'n warm sjokolade drankie in die winter smaak vorentoe, maar ek stem saam dat my foto wat ek in die klein fabriek in Mauritius gefotografeer het, lyk nie dieselfde as die eindproduk nie  :-)

At 3:55pm on March 1, 2018, Tina le Grange said…

Windlaaiers in die hawe:

Hennie baie dankie vir jou kommentaar;  'n goeie leerskool vir my

Wenke wat ek eintlik lankal weet en nie toegepas het nie.

Die diagonale lyn is toe al die tyd die bootjie se "slip stream" en nie die windlaaier se skaduwee nie.

At 3:59pm on February 15, 2018, Tina le Grange said…

My plant-hart in Mauritius:

Hennie baie dankie vir die inligting oor "content aware".  Ek sal vir vader krismis briefie skryf vir Elements 15.

At 3:25pm on January 12, 2018, Tina le Grange said…

Hennie my foto van die man en sy hond:

Baie dankie vir jou verduideliking van my probleem en dat ek weer eens by jou kan leer.

In plaas van om na -0.7, as ek dit reg verstaan, te verstel, moes ek eerder na die + kant toe beweeg het?

At 9:06am on January 6, 2018, Josef Steyn said…

Hennie, ek het vanoggend dieselfde foto (en ook 'n maatjie van hom) weer gelaai en toe kom beide reg uit op volgrootte. Daar moes dus in die laaiproses iets verkeerd gegaan het. Die klein volgrootte foto se afmetings word op FS as ongeveer 90x100 pixels gegee! Geen wonder hy is so klein nie.

At 8:00am on January 6, 2018, Josef Steyn said…

Hennie, ek het ook gesien die sprinkaan is so klein op volgrootte. Ek het geen verklaring daarvoor nie. Die foto is ongeveer 800KB groot en sy afmetings op 'image size' in Photoshop is ongeveer 2000 x 2500 pixels.

At 5:55pm on September 19, 2017, Tina le Grange said…

Coenie se luiperd-foto:  

Baie dankie aan julle almal wat na Coenie se luiperd kom kyk het en vir julle kommentaar.

Goeie wenk Hennie en Josef;  ons sal in die toekoms só maak

At 6:11pm on August 16, 2017, Tina le Grange said…

My sebra-foto:

Ha Ha Hennie, ek het so gekonsentreer op die koppe dat ek die nekke gemis het;  baie dankie dat jy dit uitgewys het.

Ook dankie vir die res van jou kommentaar en dat jy o.a. vir my "gerusgestel" het oor die horison-lyn.

At 6:09pm on August 9, 2017, Tina le Grange said…

My maan-foto:  

Baie dankie Hennie vir jou kommentaar - vanaand is dit bewolk hier by ons.  Baie bly oor die wolke en vertrou dat ons goeie reën sal kry.

September se volmaan sal 'n beurt kry op die driepoot.

At 7:41pm on July 29, 2017, Tina le Grange said…

Tweeling Zebras:  Baie dankie Josef en Hennie;  julle wat ons so leer.

At 5:55pm on June 30, 2017, Tina le Grange said…

2 kerkvensters:

Hennie, baie dankie vir jou goeie kommentaar;   ek persoonlik verkies te alle tye onewe getalle - dit is interessant dat die argitek hier van gelyke getalle gebruik gemaak het.  Om een of ander rede werk onewe betalle net op my oog beter - selfs ook in binneversiering.

Ek het ook enkel vensters gefotograveer wat ek ook sal plaas.

At 5:58pm on May 9, 2017, Tina le Grange said…

My wiel-foto - huiswerk:

Hennie baie dankie vir jou goeie wenk!

At 1:20pm on May 6, 2017, Tina le Grange said…

Hennie my Uit 'n ander Hoek-foto van gister;  jou wenk:

"Dis beslis "vanuit 'n ander hoek!" Goed gefotografeer met 'n goeie komposisie. Die kontras kan 'n raps hoër. In Levels, trek die linker slider effens na regs, al is die histogram tot in die linker onderste hoek."

Ek het na Levels gekyk;  is dit by Input of Output waar die 'slider' getrek moet word?

At 7:12am on April 20, 2017, Gerrie Lambrechts said…

Hennie, Seënwense, geluk en vreugde vir die lewensjaar wat voorlê, mag die dag vir jou mooi wees. Dankie vir al jou insette op FotoSkool. 

At 4:51pm on April 13, 2017, Tina le Grange said…

My muurpaneel-foto:

Hennie, Hier het ek gedink, omdat die oorspronklike muurwerk dof is, dat ek die foto so na as moontlik aan die muurpaneel se kleure moet hou.   

Daarom sê ek baie dankie vir jou goeie wenke;  ek waardeer jou moeite.  Die helderder kleure is pragtig.

At 4:40pm on April 12, 2017, Tina le Grange said…

My vier-druppel-foto:

Willie, Dine en Hennie baie dankie vir julle wenke wat my baie help.  Ek het vergeet om aanvanklik die f-stop aan te dui - dit was f/7.1

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html