Hennie Cronjé's Comments

Comment Wall (118 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 5:32pm on March 14, 2017, Tina le Grange said…

My Bloubergstrand se foto:

Hennie baie dankie vir jou verduideliking saam met die histogram;  nou het ek sommer weer baie geleer.

At 6:23pm on March 11, 2017, Tina le Grange said…

My water-foto met stadige sluiter:

Baie dankie Hennie vir jou hulp;  ek sal weer probeer wanneer ons Onrusrivier toe gaan.

At 10:08pm on February 21, 2017, Tina le Grange said…

My wolke-foto in kleur:

Baie dankie Hennie, my aanvoeling was ook om die takkies af te sny maar ek wou tog julle mening kry. Dankie ook dat jy weer beklemtoon hoe belangrik sterk kontras is.

At 4:11pm on February 9, 2017, Tina le Grange said…

Hennie baie dankie vir jou kommentaar; voorreg om by jou te leer.
Ek het hierdie foto op 25/4/2014 geneem, sonder 'n driepoot.
Nou het ek darem 'n driepoot en 'n eenpoot wat ek sal inspan.

At 3:47pm on January 28, 2017, Tina le Grange said…

My bokeh-foto met hoekies:  Hennie nogmaals dankie vir die ure wat jy insit om ons te help.

At 7:23am on January 27, 2017, Josef Steyn said…

Dankie Hennie. Ek kon nou die oorspronklike foto's plaas. Die patrone was 'n groot verrassing. Kyk gerus.

At 5:18pm on January 26, 2017, Tina le Grange said…

My bokeh-foto:  Hennie, baie dankie vir jou goeie kommentaar op my bokeh-oefensessies; ek het nou weer na die kamera se verstellings gekyk en ek het dit reg aangehaal. Die tegniese deel verstaan ek nie :-) Kan die Canon Powershot SX60 HS iets daarmee te doen hê; omdat dit nie 'n DSLR is nie?

At 4:57pm on January 21, 2017, Tina le Grange said…

My windpomp/dam foto van vandag:

Baie dankie Hennie vir jou kommentaar;  ek sal jou wenk oor die f-stop onthou vir 'n volgende keer wanneer ek wel met my DSLR 'n foto neem.

At 9:29am on December 5, 2016, Josef Steyn said…

Hennie, die dag dat ons die foto's saam met Igno en Susan geneem het, het ek glad nie die tema in gedagte gehad nie. Eers nadat ek aan die foto's begin werk het, het die gedagte ontstaan. Ek het in der waarheid nie verwag dat daar iets betekenisvol uit die foto's sou kom nie want die lig was ellendig en die toestande baie swak. Die wind het so gewaai dat 'n mens moes klou aan jou driepoot en dit was so koud dat Benno net vir 'n kort tydjie op die rots in die wind kon staan en tyd om poserings mooi uit te dink was daar nie. Die arme jong man was blou van die koue toe hy daar afkom. Aanvanklik wou ek net 'n foto of twee vir hom stuur as 'n bedanking maar soos ek gewerk het, het die gedagte van 'n storietjie by my opgekom. Vanaand laai ek die laaste een.

At 7:56pm on December 1, 2016, Josef Steyn said…

Hennie, ek het die foto aangepas en 'n kort verduideliking gegee. Kyk gerus en gee asb. weer kommentaar. Dankie vir die advies.

At 9:55pm on November 25, 2016, Tina le Grange said…

My riete-foto:

Baie dankie Hennie dat jy die reghoeke uitwys - weer eens 'n voorreg om by jou te leer.

At 11:50am on October 16, 2016, Japie Botha said…

Hi Hennie

Baie dankie vir jou goeie kommentaar

Ek sien glad nie die foto waarvan jy praat nie

Nog nuut op die forum

At 3:13pm on October 12, 2016, Tina le Grange said…

My Riete-foto:   

Baie dankie Hennie vir jou wenk oor die hoër f-stop wat ek op my Nikon kan doen.

My Canon brug-kamera se hoogste f-stop is f/8.

At 8:40pm on September 15, 2016, Tina le Grange said…

My kers-foto:  Hennie ek het so op die vlam gekonsentreer dat ek nie na die kers self gekyk het nie - baie dankie vir jou wenk en die voorbeeld.

At 8:53am on August 24, 2016, Anita du Toit said…

Baie dankie Hennie dat jy so baie moeite met ons foto's doen, ek het nou weer geleer van die JPEG na RAW.

At 6:18pm on July 19, 2016, Tina le Grange said…

My skedel-foto

Baie dankie Hennie, as gevolg van die oorbeligting, wou ek nie die foto aflaai nie, maar nou is ek baie bly vir jou wenke.

At 9:28pm on June 28, 2016, Tina le Grange said…

Hennie baie dankie vir jou wenk oor die gryspunt regstelling;  ek het dit gedoen en dit maak 'n baie groot verskil. Ek laai die huiswerk hieronder af.

At 8:36pm on June 26, 2016, Tina le Grange said…

My Boot-foto vandag:

Hennie, jy gaan nou lekker lag;  ek het vir die agterkant van die boot spasie gegee i.p.v. die voorkant van die boot.  Ai, wat weet ek nou van vragbote :-)

Ek het die foto op 5/3/2016 om 17:55 geneem.

Dankie vir jou goeie kommentaar.

At 8:20pm on June 19, 2016, Tina le Grange said…

Hennie jou foto van vandag, 19 Junie:

.....en opnuut is dit vir my 'n groot Genade dat ek hierdie toneel kan sien, die stilte kan hoor en ons Skepper al die eer kan gee vir Sy Skepping.

Nogmaals dankie Hennie dat ons by jou kan leer.

At 8:01pm on June 18, 2016, Tina le Grange said…

My foto "Gras lyk altyd groener aan die anderkant"

Ai, Hennie ek het geweet jy gaan my uitvang  :-)

Dankie weer eens dat ons by jou kan leer.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html