Hennie Cronjé's Comments

Comment Wall (118 comments)

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

At 6:45pm on May 26, 2016, Tina le Grange said…

My murasie-foto:

Hennie;  baie dankie vir jou kommentaar wat my baie help.  Ek is nog nie vertroud met jou Photoshop-wenke nie, maar ek het Igno se PS-DVD's en sal daarop kyk.

At 12:32pm on May 25, 2016, Magda vd Merwe said…

Hallo Hennie

Ek weet jy is baie besig, maar eerstens baie dankie vir jou mooi kommentaar op my Bloedrivier foto's, wardeer dit.

Die een wat ek van die waens geplaas het, ek sukkel kry dit nie reg om die lug te verander nie. Die gradient tool in elements 12, gee opsies wat ek nie reg kry nie, kan jy nie asb. die foto copy en vir my verwerk nie, sal dit vreeslik waardeer, as jy nie te besig is nie.

Baie dankie Magda.

At 1:03pm on May 13, 2016, Tina le Grange said…

My Kolmanskop-foto vandag:

Hennie baie dankie vir jou wenke oor die kleurbalans.  Ek sal dit onthou vir die toekoms.

At 3:47pm on May 8, 2016, Tina le Grange said…

Hennie, baie dankie vir jou leersame wenke by Anson se Kalkbaai-aandfoto.

Ek het nog baie om te leer wat verstellings betref.

At 4:42pm on May 5, 2016, Riaan said…

Dagsê Hennie ek wil graag met jou iets bespreek ivm die bottel wyn wat ek as wenprys vir 'n raaifoto beskikbaar gestel het. Kan jy vir my jou selnr sms of mail dat ek jou kan skakel.

Groete

Riaan de Klerk

0842522571

riaanforx@gmail.com

At 2:59pm on April 20, 2016, Josef Steyn said…

Veels geluk Hennie. Ek hoop jy het 'n lekker dag gehad en dat daar 'n gelukkige en vreugdevolle jaar voorlê.

At 10:48am on April 20, 2016, Gerrie Lambrechts said…

Hennie seënwense vir gesonde nuwe lewensjaar. Ons is baie bly dat jy terug is. Geniet jou dag.

At 10:16am on April 20, 2016, Magda vd Merwe said…

Hallo Hennie, baie welkom terug, hoop julle tydtjie was heerlik.

Baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy nog lank gespaar bly vir jou famielie en vriende en vir ons by fotoskool. Dankie vir dit wat ek hoor die tyd al by jou geleer het, mag God jou ryklik seen.

At 8:10am on April 20, 2016, Doretha Kock said…

Hennie, baie geluk met die Verjaardag. Mooi wense vir goeie gesondheid en menige foto geleenthede.

At 8:10am on April 20, 2016, Tina le Grange said…

Hallo Hennie

Beste wense vir 'n baie geseënde nuwe lewensjaar;  ek bid dat ons Hemelse Vader jou ryklik sal seën met goeie gesondheid, vreugde en nog baie jare saam met jou gesin.

Welkom terug vanaf Namibia, ek wag vir jou foto's en nogmaals baie dankie dat ek by jou kan leer.  

Geniet jou dag!

At 5:25pm on March 29, 2016, Tina le Grange said…

Jou kosmos-foto:

Hennie die plasing van die primêr is puik, blaartjies lyk soos glas en kern flym-skerp.

Dankie ook dat jy in hierdie geval slegs die kleur van die sekondêr wees.

Ek sou nie gedink het dit kan werk nie en hier leer ek weer by jou.

At 3:55pm on March 29, 2016, Tina le Grange said…

My Kolmanskop-foto:  Hennie ek het gedink jy sal die onderste een kies vanweë die eenvoud;  my sus Gerrie het dit ook voorgestel.

Willie ek sien wat jy bedoel maar het gedink as ek links afsny dan gaan die "van hier na daar"-effek verlore want nou kan mens sien ek het uit 'n ander huis uit die foto geneem en dit is nie 'n dik swart raam nie. 

Dankie vir julle wenke;  ek verduidelik net hierbo hoe my kop gewerk het

Dankie vir julle wenke - so leer ek.

At 2:43pm on January 30, 2016, Tina le Grange said…

My Flamink-foto van vandag:

Baie dankie Magda, Anita, Dawid, Jan, Susan en Hennie

Hennie jy en Susan dink eenders en ek sal dit vorentoe in gedagte hou.

Baie dankie vir julle wenk en dat ek by julle kan leer.

At 4:24pm on January 29, 2016, Tina le Grange said…

Baie dankie Pierre, Josef en Hennie

Julle help voorwaar dat 'n mens nie moed verloor nie.

Ek het ook van die eenvoud en herhaling  gehou alhoewel ek besef het dat die fokus nie skerp genoeg is nie.  Nogmaals baie dankie.

At 8:48pm on January 18, 2016, Tina le Grange said…

Baie  dankie Hennie vir jou goeie wenke;  so leer ek nog elke dag by julle almal.

Ongelukkig kan ek nie teruggaan na die verre Europa nie maar ek sal beslis die wenke onthou vir die toekoms.

At 1:17am on December 24, 2015, Anita du Toit said…

Goeie dag Hennie! Die Fotoskolers het gestem dat ons vir jou 'n "Kersgeskenk" gaan gee.. met toestemming van Igno, dat jy af gaan he tot die 2 Januarie om gehaltetyd saam met jou familie deur te bring in die feestyd. Mag jul 'n wonderlike geseende Christusfees he en ons sien uit na 'n nuwe skooljaar saam met jou!  Baie dankie vir al die waardevolle lesse, ons waardeer jou!

At 9:53pm on December 11, 2015, Tina le Grange said…

Baie dankie Hennie vir jou mooi wense aan my - dit is kosbaar.  Ons gesels, DV, weer in die nuwe jaar.  Geniet julle vakansie!

At 1:31pm on December 2, 2015, Tina le Grange said…

Hennie baie dankie vir jou kommentaar op my swart en wit kragdrade-foto; dit help my baie.

At 9:46am on November 22, 2015, Anita du Toit said…

WELKOM terug by Fotoskool Hennie! Hoop julle het 'n wonderlike reis gehad! Ons sien uit na die foto's!

At 8:29pm on August 25, 2015, Riaan said…

Dagsê Hennie, weet nie of jy al die video gesien het oor die triljoen frames ps kamera. Indien nie, kyk gerus hierna, mindblowing!!!!

https://www.youtube.com/watch?v=Y_9vd4HWlVA

Groete

Riaan

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html